|
Janneke presteer
Baie geluk aan Janneke Baard wat gekies is as die katpein van die 0/14-WP netbalspan. Hulle het deelgeneem aan 'n toernooi in Australie en 'n brons medalje verower.
Jan Mostert en Luan Wentzel is gekies vir die SANSSU NASIONALE OEFENGROEP – SPORTER. Jan is ook gekies vir die SA Skolespan.
Kelsey Rumble was selected for the National Drummie Team (SAMCA).
Jonathan Forlee was selected for the South African Basketball Men’s Team which took part in a Zonal Competition of the African Games where his team won the Bronze medal.
Brackenfell se matrieks het vanjaar op hul laaste eksamendag hul skoolskoene en –baadjies op hul banke agtergelaat. Hierdie goed-voel-daad gaan baie glimlagte op behoeftige leerders
se gesigte plaas. Dankie Brakkie-matrieks – ons is trots op julle!
Baie geluk ook aan Nadia Rust, Suzaan Malan, Marisa Valentine, Bianca Slabber, Monique Botha, Ansia van Coller, Chantal Vogel, Jacques Fourie en Roelou Malan wat 'n A-gemiddeld in die eksamen behaal het.
'n Spesiale geluk aan Bianca Slabber wat ons Dux leerder was. Ons wens julle net voorspoed toe in die toekoms.
A big congratulations to Chantelle Doddemeade, an ex pupil. She was nominated for the SA Senior Sportswoman of the year. On the picture she holds the trophy she won.
Altin vd Merwe beleef ‘n skitterende gholfjaar – hy het die Steenberg Junior Uitnodigingstoernooi in November gewen.
Gregory Oliver is genooi om vir WP se o.19 krieketspan ‘n 3-dag wedstryd te speel teen O.P. Jean-Pierre Vorster, Morné Pentz en Sean-Douglas van Binsbergen is gekies vir die o.14 WP Aksie Krieketspan. Wian Engelbrecht is gekies vir die WP o.17 Uitnodigings Krieketspan om aan die IACA Toernooi in Banglarore, Indië deel te neem in Maart/April 2013
Baie geluk aan Leaan Visser en Anika Grobbelaar, twee oud-Brakkies, wat uitsonderlik presteer het by die filmskool AFDA se gradeplegtigheid.
Leaan Visser het 'n goue medalje gekry vir haar filmwerk aan THE BRAVE UNSEEN en en Anika het 'n toekenning gekry vir beste regisseur. Ons is trots op julle!
Baie geluk aan Luve Meyer wat gekies is as die "Out of Africa" prinses en Monique Basson wat as die naaswenner aangewys is.
Baie geluk aan Megan North, 'n oud-Brakkie wat die Kanseliersmedalje aan die US gewen het in 2012. Sy het B.Sc Agric (veekunde) gestudeer. Ons is baie trots op haar.
Die musiekdepartement van die Hoërskool Brackenfell het sedert 2008 toegeneem van 5 leerders na 53 leerders in 2013. Tans bied hierdie department onderrig aan in klavier, blokfluit, viool, tjello, dwarsfluit, kerkorrel en kitaar.
Die betrokke leerders is baie entoesiasties oor openbare optredes en gryp elke geleentheid aan om op die verhoog te kom. Wat hierdie musiekdepartement egter baie besonders maak, is dat die musiekleerders gek is na musiekteorie. Of hulle nou klassieke musiek of kontemporêre musiek bestudeer, hul skryf elke jaar in groot getalle in vir die Unisa-eksamens van graad 2 tot 6.
Sedert 2009 ontvang die skool elke jaar ‘n meriete sertifikaat van UNISA vir uitstekende prestasie in musiekteorie. Me Marian Steyl het sopas weer ‘n ere-toekenning van UNISA ontvang vir haar teorieleerders se besondere prestasies. Die top 10-kandidate het oor die afgelope jare die volgende punt behaal: 2009 - 84%, 2010 - 91%, 2011 - 88% en in 2012 - 90%!
A big welcome back to all our learners and teachers! We hope that 2013 will be a great year for the school.
Ons skop af met atletiek en daar wag 'n propvol kwartaal vol sport, kultuur en akademie. Onthou, 'n betrokke Brakkie, is 'n gelukkige Brakkie!
Congratulations to René Gericke who was chosen as the SA Indoor o.18 captain. Wian Engelbrecht was chosen as the 0.17B Cricket captain and Jolandi Wilson was chosen as the girl’s 0/19A vice-captain.
William Froude is gekies vir die Burger se Jeugleierskursus by Muizenberg (1 van net 25 seuns in Kaapland).
Taking advantage of the almost windless conditions, Altin van der Merwe produced the best golf of the day to the Steenberg Junior Invitational gholf tournament on 19 November.
He fired a 1-under-par 71 (35-36) to take the title. His round included five birdies! Well done, Altin.
Jonathan Forlee was selected for the SA u.20 Basketball team who will participate in the Zone VI Games in Zambia from 7-16 December 2012.
Baie geluk aan Julia Snyman (gr. 10) wat 1 van 11 leerders landwyd is wat goud (bo 80%) behaal het in die Skeinat Olimpiade. Baie geluk ook aan Dewald Marais (gr. 10) wat silwer behaal het.
Anél Swanepoel en Ruan Kitshoff in graad 9A1 het saam vierde geïindig in die 2012 Junior Afrikaans-Olimpiade!
Joshua Elliot en Eugene Kennedy in graad 11A1 het die JuniorCyber Junkyard Challenge by CPUT gewen en deurgedring nadie nasionale kompetisie in Johannesburg waar hulle onder dieTop 5-spanne geëindig het.
Die kompetisie is geborg deur Siemens. Die studente moes ‘n waternetstelsel bou met ‘n elektronieserekenaar. Alles is outomaties gedoen.
In ‘n wedstryd teen HTS het twee o.14-krieketspelers van die Hoërskool Brackenfellhierdie week daarin geslaag om elkeen 101 n.u.n. aan te teken. Op die foto verskyn die twee tevrede Brakkies, v.l.n.r. Philip Kleynhans en Niël Oosthuizen.
Die matriekeindeksamen het op 22 Oktober begin. Ons wens al ons matrieks net die beste toe. Leer hard en pluk die vrugte van julle harde werk.
Loer gerus na ons prestasieblad. Dis propvol nuus oor hierdie kwartaal se hoogtepunte.
Ons dogterskrieketspan is die wenners van die WP-liga! Dwayne Eramuss was was chosen for the Boland indoor hockey team and some of our drummies received full WP-colours.
Ons leerders het ook by die Wiksunde- en Tegnologie Olimpiade presteer. Ons tegnologie spanne het 'n tweede en derde plek nasionaal losgeslaan!
Dan was daar ook leerders wat in gevegskuns, skyfskiet, gholf, gimnastiek, toneel en kuns uitgeblink het.
We are really proud of all these learners. A big congratulations to you and you parents. You can read more about this here: Prestasieblad
Dis met verdere trots dat ek kan bevestig dat Léhandri Bothma tydens die afgelope Suid Afrikaanse Nationale Gimnastiek Kampioenskappe te Pretoria n 5de Plek in Dubbel mini Trampoline en n 5de plek in die Euro Trampoline verwerf het
Baie geluk aan Monique Basson wat as Mej. Wynland 2012 Tiener gekies is. Sy is tans besig met liefdadigheidswerk en wil graag haar eie organisasie stig.
Ons dogterskrieketspan is die wenners van die W.P.-liga en speel uit teen die Boland dogterskrieketspan om te bepaal wie die Wes-Kaap wenners is wat aan die nasionale uitklop gaan deelneem.
Dwayne Erasmus was selected for the u.18A Boland Foxes Indoor Boys’ Hockey team and Keelan Tobin for the Boland u.16B Highland Scorpions team.
Lees meer oor alles wat BRAKLAND aan die gons het:Nuusbrief3
Isabel Steyl, oud-leerder, is gekies as Primaria van die privaatwyk Venustia op Stellenbosch. Sy is ook op die Uitvoerende Komitee van Primaria gekies (een van 4uit al die Primaria) aan die Universiteit van Stellenbosch.
Ons volg op Woensdag, 26 September, dag 4 se rooster. Leerders se rapporte sal vroeg volgende kwartaal beskikbaar wees.
Ons wens ons matrieks alle voorspoed toe vir hulle matriekafskeid wat op 28 September in Stellenbosch plaasvind. Ons hoop dis 'n aand wat hulle verwagtinge sal oortref.
Vir die res van die leerders en personeel gun ons die kort blaaskans voor ons die laaste kwartaal met nuwe energie aandurf.
Lekker tuisgebakte koekies @ R40 beskikbaar by die skool. Bestellings voor of op 'n Dinsdag en aflewerings vind op Vrydae by die skool plaas vanaf 14:00. Kontakpersoon: Gerhardt Coetzee. Kontant met bestelling asseblief.
Ronaldo Badenhorst het vir ons 'n verslag met foto's saamgestel oor sy verblyf in Duitsland. Kliek hier: duitsland Ronaldo
Die matrieks kom wys ons op 10 Oktober 2012 hoe hulle op hul groot aand gelyk het. Die funksie vind plaas in die skoolsaal om 19:00. Kaartjies is @ R20 beskikbaar. Om teleurstelling te voorkom, kom koop vroegtydig by me. Opperman by die Finansiële Kantoor.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
Die 1984 matrieks wil reunie hou. Indien u belangstel, kontak gerus vir Maggie Burger by: Maggie.Burger@gmail.com
Jonathan was chosen for the u/20 team that will take part in Zambia over the December holidays. Congratulations!
Die toneelgroep van die Hoërskool Brackenfell het vanjaar skitterend prestee ren is genooi, as een van slegs 10 produksies in Suid-Afrika, na die ATKV Tiener-toneel Eindfees. Dit vind plaas vanaf 2-6 Oktober by die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.
Hulle het ook met "Sjuut" by die 2012 Klein Libertas Teater tienertoneelfees met die louere weggestap. Ons wens hulle baie voorspoed toe.
Die Brugbouspan van die Hoërskool Brackenfell het 'n vierde plek algeheel verower by die SAICE Nasionale Brugboukompetisie by die St. Albans College in Menlyn. Op die foto verskyn die trotse Gr. 11-span v.l.n.r.: Luan Wentzel, Chalette Bredenhann en Francois Herbst.
Irma Human in graad 9 het die Wes-Kaap verteenwoordig by die SA Karatekampioenskappe in Durban en ‘n goue medalje in haar ouderdom- en gewigsgroep gewen.
Jeanine Lötter het Bolandkleure in Goju-Kai Gevegskuns verwerf. Baie geluk aan albei hierdie dogters.
Baie geluk aan Jolandi Wilson wat opgeneem is in die WP 0/19-span asook René Gericke wat in die SA o.18 Binnenshuise Krieketspan gehaal en Brandon Collins die SA o.15 Binnenshuise Krieketspan.
Die Hoërskool Brackenfell het vanjaar uitstekend op die netbalbaan gevaar. Vier spanne (o.19A, o.19B, o.16A en o.14A) het deurgedring na die WP Skolenetbalfinaal, waar die o.19B-span daarin geslaag het om die die Hoërskool Jan van Riebeeck se o.19A-span in die Finaal te wen. Hulle het daarmee die goue medaljes en trofee verower vir die beste 1ste Liga-skolenetbalspan in die W.P.
Met die opbou na die interskole week, vra ons elke liewe Brakkie om nie nou slap te lê met sport of akademie nie.
Ons sien veral uit na die wedstryd tussen mnr. Benadie se 0/15 rugbyspannetjie wat onlangs met 43-14 oor Durbanville geloop het.
Vir die van julle wat nie sportief is nie, vra ons ondersteuning langs die veld en kreatiwiteit tydens vanjaar se koekkompetisie. Die tema is: "Uit die hondehok". Ons kan nie wag om julle pogings te sien nie!
Op Maandag 13 Augustus kry ons leerders weer die geleentheid om bloed te skenk. Een skenking kan 3 lewens red.
Die 0/15-netbalspan van ons skool is as die wenners van die Wes-Kaap Netbal Challenge aangewys en het vanaf 3-5 Augustus in Boksburg deegelneem aan die nasionale kampionskappe.
Baie dankie aan me. Kruger en me. Van Onselen wat die spanne vergesel het en dit moontlik gemaak het dat ons kinders hierdie geleentheid kon meemaak.
Die Hoërskool Brackenfell spog vanjaar met drie matriekdogters wat daarin geslaag het om as Presidentsverkenners van die Voortrekkers aangewys te word. Vier matrieks het die Hoofleierswageksamen geslaag. Hulle moes daarna ‘n Nasionale Toetskampbuite Bloemfontein bywoon waar drie daarin geslaag het om Presidentsverkennerste word. Op die foto verskyn v.l.n.r.: Gerike Eefting (PV), Marlise Olivier (PV), Lindi Swart (PV)en Angélique Ellis (HW)
Altin vd Merwe het die Jun/Jul vakansie deelgeneem by IPA onder 17 SA's in Pta vir Juniors A divisie (handicap onder 8) en 26 ste in die land geeindig uit 139 deelnemers.
Hy het ook die Clive Holmes WP junior ope by Westlake gewen met 'n telling gelyk aan baansyfer (72) en hy het die Metropolitan WP junior ope met 'n telling van 6 onder baansyfer (66) gewen.
Gedurende die tweede kwartaal is 3 Brakkie skuts, Annika van den Berg, Luan Wentzel en Thys van Zyl na die finale SA-proewe in Bloemfontein genooi waar ‘n SA-Skoleskietspan gekies is om in Augustus in Engeland aan die British Youth International deel te neem.
Die room van ons land se skuts was daar byeen, nadat hulle deur ‘n provinsiale proefrondte moes kom. Vir twee dae is geskiet, gekorrel, naels gekou en hard gewerk. Die proewe is afgesluit met ‘n spoggerige dinee waar die groep van 21 aangekondig is.
Ons is baie trots op Annika van den Berg en ook Jan Mostert (‘n oud-lid van die Brakkies Skietklub) wat albei opgeneem is in die SA-Skoleskietspan.
Olivia le Roux werk ongelooflik hard aan haar gholf: Sy was tweede in die Kenako SA Wêreld Juniors Gholfkampioenskappe vir juniors op George.
Bradey-Lee Daniels het ‘n tweede plek behaal in Kata by die Boland All Styles Karate Kampioenskappe. Hy gaan deur na die Wes-Kaap-Kampioenskappe op Worcester.
Ronaldo Badenhorst is een van 118 leerders uit 187 wat gekeur is vir ‘n leerder-uitruilprogram na Duitsland. Hy het die eksamen met 86% geslaag!
Cornéll Visser het die SA Vlootkompetisie vir hoërskoolleerders gewen met sy prototipe duikboot wat hy uit herwonne materiaal moes maak. Hy wen ‘n tjek van R2000 en ‘n brons kanon. Vir die skool wen hy ‘n skeepsklok en ‘n geraamde ornamentele skeepstou.
By die Universiteit van Kaapstad Wiskunde Olimpiade het Paul Wong en James Sloane in die graad 8-parekompetisie ‘n goue medalje verower. Om ‘n goue medalje in die pare-kompetisie te verowe, moet twee leerders wat saam aan die olimpiade deelneem, se uitslag onder die Top 3 in die Wes-Kaap wees.
Wian Engelbrecht en Gregory Oliver is gekies vir die WP-o.17B-krieketspan en Jolandi Wilson en Elzet Potgieter vir die WP-o.19-krieketspan. Elzet is ook gekies vir die SA o.16-Aksie-krieketspan wat aan die “Cricket World Cup Junior Series 2012” gaan deelneem.
Die o.14-krieketspan is die wenners van die WPNS—liga. Hulle het die Hoërskool Durbanville in die eindstryd
verslaan om dié gesogte trofee te verower.
Baie geluk aan ons Brakkie brugbouers wat met die beste brug weggestap het. Die span het ook daarin geslaag om vir die vyfde agtereenvolgende jaar deur te dring na die Nasionale SAICE-Brugboukompetisie.
Hulle wenbruggie het 254 g geweeg en het 195 kg gedra. Dit is interessant dat die B-span die A-span (wat verlede jaar dienaaswenners landwyd was) vanjaar uitgestof het. Die A-span het die vierde plek verower.
Ons is baie dank verskuldig aan mnr. Marius Botha, die hoofborg, van ASLA Magwebu. Op die foto verksyn Francois Herbst, Chalette Bredenhann en Luan Wentzel wat die wenbrug gebou het. Die span word afgerig deur mnr Johann Nieuwoudt.
Seven of our girls were selected for the WP Hip-Hop, Fitness Sport Aerobics Team: Nicole Frieslaar, Roxy Smith, Nadia van Wyk, Jannike Rossouw, Lené van der Merwe and Talitha Pogieter.
Francois van den Berg in graad 8 is gekies vir 'n boogskietspan wat gaan deelneem aan die “National Archery Schools Program” Wêreldkampioenskappe in Florida, Amerika. Hulle ontvang eers SA-kleure wanneer hulle terugkom.
Die volgende leerders het provinsiale kleure in hokkie verwerf:
WP-Noordsone o.14: Elri Snyman, Almaré vd Westhuizen
(nie-reisende reserwe)
WP-Noordsone o.16: Suhayra Dollie, Mikayla Brogneri
WP o.18B: Chané Stadler
WP-Noordsone: Carlie Tredoux
U/16 North Zonal (Zebra) Team: Katlego Makena and Nico Wyngaard and u/14 North Zonal Team: Ntokozo Yokwe
The drummies received an third overall place at the National's.They were third in the large drill and third in the Champion of Champions competition.We also have the best drummie leader in SA! Well done, girls!
You can download the second term newsletter here: Newsletter
Pioni Bekker (née Pharoa), matriek 2001, het die SA Aksienetbalspangehaal en het in Australië deelgeneem aan die Wêreldkampioenskappe.
Die Jnr en Snr Drummiespanne van die Hoërskool Brackenfell is beidedie algehele WP Provinsiale Kampioene.
Die 0/15-netbalspan van ons skool is die wenners van die Wes-Kaap Netbal Challenge en gaan vanaf 3-5 Augustus in Boksburg deelneemaan die nasionale challenge.
Op Vrydag 18 Mei het ons netbal-, rugby- en hokkie-spanne op busse geklim om kragte te gaan meet teen die Kwaggas van Outeniqua. Meer hieroor met ons volgende opdatering...
Die 0/19A-meisiehokkiespan van die Hoërskool Brackenfell word vanaf 2012deur Vredekloof Spar geborg. By die oorhandiging was: Agter v.l.n.r.: Mnr. J. Forbes (Jnr.) van Vredekloof Spar, Jessica Harth, Shannon French (o/k),mnr. A Pretorius (skoolhoof), Nadine Rodriques, Demi Henry, Kylie Ely Middel v.l.n.r.: Nikita Sauls, Suhayra Dollie, Aldene Smit, Chané Stadler (k), Carlie Tredoux Voor v.l.n.r.: Bianca Davids, Mikayla Brogneri, Carryn Brown, Leandra Strumpher, Mariska Cerύ enmnr. G. Forbes, ook van Vredekloof Spar.
Baie geluk aan die volgende dogters wat hul WP krieket kleure behaal het: Jolandi Wilson Elzet Potgieter.
Congratulations to Celine Ware-Lane 8E2, Gaby Truter 9E2 and Jaco Smalberger who were chosen for the WP National Land Service team.
Baie geluk aan Remo Mitchell en Reinhard Holtzhauzen wat die WP skoleskaakspan gehaal het.
Baie geluk aan me. Leaan van Onselen wat die WP B-Netbal span gehaal het asook me. Janéne Heyneke wat die WP C-span gehaal het.
Drie Brakkie skuts is genooi na die finale SA-proewe in Bloemfontein: Annika van den Berg, Luan Wentzel en Thys van Zyl. Annika van den Berg en Jan Mostert het ook hul SA-kleure verwerf.
Annika is gekies vir die SA Skoleskietspan wat in Augustus in Engeland aan die British Youth International skyfskiet-kompetisie gaan deelneem.
Dogters 0/14: Elri Snyman en Almaré vd Westhuizen is gekies as ‘n nie-reisende WP-reserwes.
Baie geluk aan Quinton Brink (11A6) wat sy Mix Martial Arts sportloopbaan verder geneem het en nou deelneem as 'n amateur. Hy is nou lid van die TRICORE Mixed Martial Arts Gym.
U word vriendelik uitgenooi na ons oueraand wat op Dinsdag, 24 April plaasvind.
Ons versoek u om u kind saam te bring aangesien elke onderwyser in sy klas gespreek gaan word. (U kind gaan as u gids dien)
Ons inskrywings vir 2012 se graad 8's het op 18-19 April plaasgevind. Indien u nog nie u kind ingeskryf het nie, wil ons u aanraai om so vinnig as moontlik 'n draaitjie by die skool te maak.
Baie geluk aan Ivo Grobler (matriek 2007) wat uitgenooi is na die US se Rektor Prestige Aand.
Baie geluk aan die 0/14-hokkie seunsspan. Hulle het by die DF toernooi hul staal gewys deur nie net met Stellenberg af te reken nie, maar ook die prys vir die beste GEES in te palm. Ons is trots op hierdie jong sportmanne!
Twee atlete het die Wes-Kaap Atletiekspan gehaal. Anica Groenewald vir hoogspring en Simone Kapp vir die 400m. Anica moes ongelukkig onttrek weens ‘n botsing met die SA Binnenshuise Netbaltoernooi. Simoné het deurgedring tot die finale uitdunne waar sy 'n vyfde plek behaal het.
Mej Nicolene Wassenaar is gekies vir WP se Aksienetbal A-span. Haar span het tydens die SA toernooi 'n goue medalje verwerf.
Mnr Petrie Stofberg is gekies as die spanbestuurder van die WP 0/18-Cravenweek Rugbyspan.
Mev Marian Steyl het ‘n gemiddeld van 88% vir haar top 10-kandidate in UNISA se musiekteorie-eksamen behaal en is daarvoor deur UNISA vereer.
Die Vlootdag kompetisie vir hoërskoolleerders is gewen deur Cornéll Visser in graad 12. Baie geluk!
Die Hoërskool Brackenfell ontvang ‘n R30 000-tjek vanaf die WKOD vir die toename in Wiskunde-leerders. Dit is nie net danksy ons leerders se harde werk nie, maar ook as gevolg van die toewyding, harde werk en motivering van die Wiskunde vakspan dat hierdie prestasie moontlik gemaak is.
Die 0/14A-krieketspan wen die WPNS-Tygerburger-kompetisie.
Jonathan Forlee has again been invited to the U/18’s Basketball Training Camp in Johannesburg.
Charmaine Baard and Anneke Groenewald were invited to join the WP 0/21 Indoor Netball team.
Olivia le Roux was tweede in die Kenako SA Wêreld Juniors-Gholfkampioenskappe.
Twee van ons leerders het deelgeneem aan die Mej Durbanville Plaasfees kompetisie. Carmen du Preez is gekies as die wenner in haar ouderdomsgroep (16-18) terwyl Monique Basson as 2de prinses gekies is in die 13-15 jaar ouderdomsgroep.
Die jaarlikse Brackenfell sportdag vind op 16-17 Maart plaas. Vir meer besonderhede en die program, kan u die sportorganiseerder, mnr. Wiid, kontak by die skool.
Die manne moet ligloop en op hul hoede wees, want die Brakkie meisiekrieketspan is aan die brand. Nie net het hulle vir DFM geklop met 3 paaltjies nie, maar daarna het hulle vir HTS Bellville geklop met 10 paaltjes.
Hulle het ook vir Durbanville kafgedraf en op 5 Maart vir Hoërskool Parow geklop met 10 paaltjies.
Hierdie week (5 Maart) besoek 'n regte, egte kulkunstenaar die skool...moenie die SAAL periode misloop nie. Vir meer inligting omtrent 'n vertoning, skakel die skool.
Tanika Smith was chosen for the SA Indoor Girls’ Soccer Team.
Baie geluk aan die Trompoppies wat hul WP- kleure verwerf het vir 2012.
Deur baie deursettingsvermoë, harde werk ens. het hulle hul doelwit bereik. Die WP-span gaan aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem gedurende die Junie/Julie skoolvakansie.
Ons is sommer baie trots op julle!
Gr 8 VRL-LEDE vir 2012 is Saskia Louw,Keith Ntuntwana, Kylie Valentine en Adri van Zyl. Baie geluk aan hierdie jong leiertjies.
Duane Erasmus in 11E2 was selected for the Boland Foxes Indoor Hockey Team. Keelan Tobin in 10E2 was selected for the Boland Highland Scorpions Indoor Hockey Team.
Congratulations to you both!
Baie geluk aan die volgende leerders wat die Boland 0/18-binnenshuise krieketspan gemaak het:
René Gericke (Kaptein), Justin Alexander (Vice Captain), Etienne Swatton, Shaun Thompson en Miguel de Sousa.
Baie geluk ook aan mnr. Bornman wat die Boland senior krieketspan gehaal het.
By die Hoërskool Diamantveld se Prestige Atletiekbyeenkoms in Kimberley verwerf Maritzka Snyders die Veldatleet trofee vir dogters 0/19.
By die Noordsone Atletiekbyeenkoms het 87 van ons atlete deelgeneem en presteer. Ons is sommer baie trots op hulle almal.
Adriaan Bergh, mnr. SA 2011 het op 15 Februarie die skool besoek. Hy het die Brakkies gemotiveer om hard te werk en hul drome na te jaag. Gaan loer gerus na sy webwerf by www.adriaanbergh.com of sy Facebook blad.
Daar word beplan om 'n reunie te hou vir alle leerders vanaf 1973 tot 1980. Daar is tans ‘n FACEBOOK BLAD geopen: BRACKENFELL HOERSKOOL 1973 TOT 1980. Gaan loer gerus en kom kuier saam met ou vriende.
Baie dankie aan al die Brakkies wat die afgelope Februarie bloed geskenk het. Elke een van julle se bydrae kan tot 3 lewens op 'n slag help red.
André Robbertse verwerf WP-kleure in rolbal en is gekies om in Maart in Bloemfontein kragte te meet teen ander provinsies.
Darren Louw and Leah Harris have been selected for the WP U15/U17 Tennis Teams and will compete in the SA Interprovincial Schools Tournament during the March school holidays.
Wian Engelbrecht is genooi om die WP 019/017 krieket oefeninge by te woon.
'n Oud-leerder, Eugene Marais (Hoofseun 2005), verwerf die MB ChB-graad aan die U.S. Hy doen tans sy internskap by die Hottentots Holland Hospitaal in Somerset-Wes.
Chante Hagan en Monique Basson was finaliste by "Figures Student Model of the Yea"r én by die Wes-Kaap Streekskompetisie. Hulle het in Desember in Johannesburg aan die "National Model of the Year" kompetisie deelgeneem en beide die top 10 gehaal. Monique het derde geëindig!
Jolandi Wilson het aan die SA provinsiale toernooi vir dames krieket deelgeneem in Mthatha.
Philip Kleynhans, Danté Doubell, Niël Oosthuizen en Branden de Kock is genooi om die WP 0/15-Noordelike Distrikte Krieketoefeninge by te woon.
Attached is an article which was published in the MAGNUM-magazine, all about the SA'S that was held in 2011 in Bellville/Brackenfell in the WESTERN CAPE. A few Brakkies feature in there. We are so proud!!!
Click here: Magnum
Die ReVera van die 4de kwartaal is pas gepubliseer. Voorspoed aan die nuwe redaksie met hierdie reuse taak.
Baie geluk ook aan me. Jansen en haar man wat in Januarie 'n seuntjie ryker geraak het! In me. Jansen se afwesigheid gaan me. Bester met die skoolkoerant help.
Kliek hier: Revera
Die jaarlikse interhuis atletiek het op 20 Januarie plaasgevind. Baie geluk aan Cilliers wat met die atletiektrofee weggeloop het en Brink wat naelskraap die sangbeker vir die tweede jaar in 'n ry verower het.
Walton, better luck next year! Stuur asb. gerus julle foto's van die atletiekdag. Loer gerus hier na 'n paar foto's: Interhuis 2012 foto's
Baie geluk aan die Brakkie meisies wat DF die afgelope naweek oortuigend geklop het! Ons is baie trots op julle.
'n Hartlike welkom aan al ons graad 8's wat teen die tyd al behoorlik welkom behoort te voel na die Seniorraad se verwelkomingsprogram.
Verlede jaar se matriek Brakkies het ons weereens trots gemaak met nie net 27 kandidate wat A-gemiddeldes behaal het nie, maar ons het ook 15 leerders wat die Top 10-lys van individuele vakke gehaal het.
Daar was ook 333 vak A's en Monique Visser is 6de geplaas op die WKOD se merietelys. Lg. prestasie is beslis iets om op trots te wees.
Baie geluk aan al hierdie Brakkies en hulle ouers.
Die WP O/17 B-krieketspan het die vakansie puik presteer deur al hul wedstryde te wen en as onoorwonne uit die stryd te tree.Wian Engelbrecht het in die toernooi 6 paaltjies gevat en 136 lopies geslaan . Hy het teen Grens 'n honderdtal geslaan en 105 lopies gekry. Ons is sommer baie trots op hierdie talentvolle Brakkie.
Die Hoërskool Brackenfell het die WPNS PNA STATIONERS – 0/15 KRIEKET UITKLOP gewen!
Brackenfell het teen H/S Bellville te staan gekom. Brackenfell kolf 1 ste en behaal 112/5 na 25 bbe. Bellville kolf 2 de en word uitgeboul vir 62 lopies na 16 bbe.
Brackenfell wen met 50 lopies. Ruan Conradie teken 36 lopies nie uit nie aan. Ruan Stander neem 3 paaltjies vir 15 lopies. Divan Fick neem 5 paaltjies vir 14 lopies. Wel gedaa,n julle is nou trotse kampioene.
Baie geluk aan die krieketmanne wat ons nie net na die WPNS finaal gevat het nie, maar ook die trofee huis toe gebring het. Gaan loer gerus na 'n paar foto's:krieket
Wian Engelbrecht is gekies vir die WP O/17 B- krieketspan . Hul neem van 5 Desember 2011 deel aan 'n provinsiale toernooi in die Kaap. Ons wens Wian en sy spanmaats alle voorspoed toe.
Vir die nuutste inligting omtrent die 2012 rugby seisoen, gaan kliek gerus op: http://www.brakkiesrugby.co.za
Baie geluk aan al die leerders wat op die VRL van 2012 gaan dien.
In graad 9 is Leah Harris, Kevin Knipe, Luve Meyer en Ciska Swart gekies. In graad 10 is Marzaan Heyns, Anita van Deventer, Esti van Wyk, en Liezel-Rene Vermeulen gekies. In graad 11 is Strydom Botha, John & William Froude asook Duard Robbertse verkies.
In Graad 12 is Justin Alexander, Elmar Dempers, Rinus Grobbelaar, Sharna Hayes en Suzaan Malan gekies. Suzaan is ons nuwe voorsitter en Justin ons ondervoorsitter.
Baie geluk aan Monique Visser wat gekeur is om Desember deur FSA Youth Exchange as uitruilstudent na Europa te vertrek.
Talitha Potgieter took part in the IDO World Hip Hop, Elecctric Boogie and Break Dance Chanpionshiops in Graz, Australia in October. She was also chosen for the National Team. Congratulations, Talitha- we are proud of you!
Baie geluk aan Renton Ellis wat ‘n goue medalje verower het by die Suid-Afrikaanse Streek Stoeikampioenskappe in die Paarl. Hy is na afloop van die kompetiesie vir die WP-span gekies en het ook deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Johannesburg.
Baie geluk aan Dirkie Heynenrych wat ingeluit is in die Boland Karatespan. Dirkie is ook gekies om an die SA Kampioenskappe deel te neem.
Baie geluk aan Remo Mitchell en Lehandri Bothma wat aan die SA nasionale gimnastiek kampioenskappe deelgeneem het. Hulle klub het 19 medaljes verower. Remo het ‘n 3de plek in Tuimel behaal en ‘n 2de plek op die Groot Trampolien. Lehandri het ‘n 4de plek behaal op die Dubbel-Mini-Trampolien.
Baie geluk aan Bennie van Eeden wat by die junior Wiskunde Olimpiade ‘n goue medalje verower het. Hy was tweede met 94%!
We would like to congratulate D. Louw for his selection to compete at the SA Athletics Games in Polokwane.
Baie geluk aan Bulldozer, wat 5de in SA geplaas in by die nasionale dramakompetisie.
Wian Engelbrecht was selected to play for the Slazenger XI cricket team participating in the Edusport 20/20 series.
Die nuutste Re Vera is pas gelaai. Gaan loer gerus na 'n uitgawe propvol nuus en foto's.
Die matrieks het op Maandag, 17 Oktober begin met hul eindeksamen. Ons wens hulle alle voorspoed en sterkte toe.
Die Brakkie skuts het vanjaar, soos in die verlede weer baie goed gevaar by die SA's. Hierso volg 'n paar uitslae:
0/13 Veerspan - Jan, Franco, Johann en Gustav - wen die SILWER medalje - 2de
0/13 Veer - Jan Mostert (ons man van die week) wen GOUD vir die 3 plek, vir die 10 m, en as INDIVIDUELE KAMPIOEN.
0/13 Sporterspan - Samantha, Juandre Botes, Heino Nel en Elrico Botes - wen die SILWER medalje - 2de
0/13 Sporter - Samantha wen GOUD vir die 10 m
0/13 Sporter - Juandre wen SILWER vir die 3 P en SILWER as algehele 2de plek individueel
0/16 Veerspan - Annika, Ernst, Charles en Helmut wen BRONS - 3de
0/16 Veer - Annika wen SILWER vir die 10 m
MARKO CONRADIE (man van die week en BRAKKIE-CHAMP) kry GROEN KLEURE (SA SKOLE) VIR DIE POSLIGA @ VSA.
MARKO CONRADIE kry ook GROEN KLEURE as 11de beste skut op die Kampioenskap in die Sporter Afdeling.
Van die 19 medaljes wat WP wen, kom 14 na BRAKKIES SKIETKLUB ..... sjoe, dit is steeds baie, baie fantastiese uitslae!!!!
20 van die 30 skuts wat WP verteenwoordig het, het ook hul PERSOONLIKE BESTES behaal ..... en dit onder kampioenskap-omstandighede ....
Ons is sommer baie trots op al hierdie skuts wat ons naam hoog gehou het!
In die Globael Wiskundige Geletterdheid Olimpiade het die Hoërskool Brackenfell daarin geslaag om ‘n eerste plek landwyd te verower met ‘n gemiddelde persentasie van 82,40%.
Hoërskole van regoor Suid-Afrika het deelgeneem. Die Brakkies het 7 goue, 5 silwer en 6 bronssertifikate losgeslaan en Logan McKelvey het ‘n algehele 3de plek verower met 92%.
Altin vd Merwe in Gr 9A3 is gekies vir die WP-skole gholfspan vir die noord sone wat op 10 Okobert teen Boland gaan deelneem. Ons vertrou hy sal die Brakkies se naam hoog hou!
U kind het teen die tyd reeds sy eksamenrooster gekry. Die volgende reëlings geld vir hierdie eksamen:
Die skool sal om 08:00 begin en om 13:00 sluit - ook op die twee Saterdagsessies van 10 en 17 September.
Indien 'n leerder vanweë siekte nie eksamen kan skryf nie, moet u die skool van 'n mediese sertifikaat voorsien.
Geen selfone, i-Pods en MP3's sal in die eksamenlokaal toegelaat word nie - ook nie tydens studiesessies nie. Leerders wat hierdie reël tydens eksamensessies oortree, sal 0 kry vir die betrokke vak.
Dis elke leerder se verantwoordelikheid om sy eie skryfbehoeftes (pen, potlood, liniaal en uitveër) sowel as sakrekenaar, kramdrukker en meetkundestel saam te bring.
Rapporte sal gedurende die eerste week van die nuwe kwartaal beskikbaar wees - na verwagting op Donderdag 13 Oktober 2010.
Neem asb. kennis dat graad 8 tot 11-leerders gewone skoolure sal volg tot Woensdag 7 September 2011. Op Donderdag 8 September sal die skool vir al ons leerders om 13:00 sluit.
Die Graad 12-leerders sal op Dinsdag 6 September onder gewone skoolure LO-eksamen aflê. Die IT- en RTT-sessies vir 7 en 8 September sal individueel met die graad 12's gereël word waarna hulle vanaf Vrydag, 9 September saam met die res van die skool sal inval by die gewone eksamenure - vanaf 08:00-13:00.
Ons vertrou dat u ons leerders sal help sodat hulle tydens die eksamen hulle tyd sinvol gebruik. 'n Gesonde balans tussen akademie en liggaamlike aktiwiteit moet aangemoedig word, terwyl die sosiale bedrywighede ingekort moet word.
Vriendelike groete.
A. Pretorius
Skoolhoof
Die volgende skuts van Brakkies skyfskiet het die hul SAARA-WK kleure verwerf: Estelle Kielblock, Marko Conradie, Justin Alexander en Luan Wentzel. Baie geluk, julle!
Die Brugbouspan van die Hoërskool Brackenfell het in Johannesburg in ‘n taai eindtryd ‘n tweede plek verower in die Suid-Afrikaanse SAICE-Brugboukompetisie.
Hulle bruggie se spanwydte wat 810 mm, het 135g geweeg en het 63kg gedra. Domino Servite High van Natal het hulle naelskraaps gewen om die eerste plek. Die span het bestaan uit hul IGO-opvoeder, mnr Johann Nieuwoud asook Rinus Grobbelaar, Ryno Wade en Elmar Dempers.
The following learners from Brackenfell High School obtained WP colours in the Western Province Championships held on 13 Aug 2011.
They also took part in the Western Cape Championships (Boland, SWD and WP) in George on Saturday 20 Aug 2011. From left Caroline Smallbones, Assnique Robinson and Cameron Pienaar. At the Western Cape Championships Assnique obtained her Western Cape colours and will take part in the SA Schools Championships to be held on 29 September 2011 in Nelspruit.
Die dramaproduksie, Bulldozer, olv me Denise Bester en Pieter-Paul Robbertse het die Tygerberg Eisteddfod se een-bedryfafdeling gewen.
Leandri Joubert is aangewys as beste aktrise en me Bester en Pieter-Paul is aangewys as beste regisseurs. Bulldozer het ook ‘n goue medalje by die Logan Toneelfees op Fraserburg verower.
Leandri Joubert het ‘n goue medalje vir toneelspel verower en me Bester en Pieter-Paul silwer vir die produksie. By die Durbanville Toneelfees het die regisseurs die Kevin Lorenzen-gedenktrofee vir Tegniese Voortreflikheid verower met Bulldozer.
Die produksie dring ook deur na die eindrondte van ATKV-Tiener-toneelkompetisie. Die Top 10 skoleproduksies in Suid-Afika neem in Oktober by Aardklop deel aan die ATKV-Finaal.
Dit is al die agste keer dat die Hoërskool Brackenfell dit regkry om aan dieATKV-Finaal deel te neem en ses keer het hulle met die trofee huis toe gekom.
Die groepe bestaan uit: Leandri Joubert, William Froude, John Froude en Duard Robbertse.
Vanjaar se tema vir die koekkompetisie is: Brakkie trots!
Moenie vergeet om julle koeke dou voor dag (07:00) op 26 Augustus in die voorportaal te besorg nie. Ons sien uit om te sien wie is die kreatiefste registerklas in die skool!
Die nuwe Revera is pas gelaai!
Ons 2011 drama, Bulldozer, het goud vir die produksie gewen en silwer vir regie. Leandri Joubert, ons VRL-Voorsitter, het goud gewen vir haar toneelspel.
Strydom Botha, Tachelle Lourens en Bennie van Eeden is gekies vir die Boland Wiskunde Olimpiade-span. Hierdie span is genooi om op 10 September aan die Interprovinsiale Wiskunde Olimpiade van die Universiteit van Stellenbosch deel te neem.
Die volgende leerders het gekwalifiseer om as lede van die Noordsone Landloopspan deel te neem aan die WP Skole Landloop Kampioenskappe:
Franz Truter, Monique Visser, Caroline Smallbones, Roubi Kapp, Ruan Kapp, Cameron Pienaar, Simone Kapp, Hailey Reent, Londeka Miya, Chesne Afrika, Duane Mostert en Assnique Robinson.
Meyrick Meyer and Justin Alexander made the WP Action Socce rteam and will participate in the Interprovincial Tournament from 21-25 September 2011.
Simone Tredoux het deelgeneem aan die SA Kickboxing Kampioenskappe. Sy het 2 derde plekke behaal en kwalifiseer daarmee vir die SA Span wat in 2012 aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.
Wian Engelbrecht has been invited to take part in the WP U17 Cricket Winter Nets.
Juan Le Roux , Wian Engelbrecht , Duan Dippenaar en Arno du Plessiss het in 'n 7's touch rugby toernooi vir Capitec Bank se gemengde span gespeel. Hulle het deurgedring tot die finaal en die goue medalje verwerf.
Quinton Brink het ‘n silwer medalje verower by die Wêreld Kampioenskappe vir Mixed Martial Arts in Florida, VSA. Hy was 1ste onder die SA Juniorspan en 2de in die wêreld.
The 2011 Commonwealth Youth Games will run from 7-13 September. We are very proud to announce that Cheslin Kolbe was chosen for the rugby sevens side.
Well done to the drummies. They are not only the WP BATON, NON-PROP/POM CHAMPS, they also won the Small Drill Competition and came second at the Nationals.
We are very proud of you, girls!
Bennie van Eeden het ‘n goue medalje verower in die Universiteit van Kaapstad Wiskunde Olimpiade. Dit beteken dat hy onder die top 10 van alle graad 9-leerders in die Wes-Kaap was.
Tachelle Lourens was 15de en Strydom Botha 21ste van alle graad 10-leerders in die Wes-Kaap.
Ruan Stander, Gavin vd Berg en Kabous Voges is opgeneem in die WP 0/15 Elite Rugbysquad!
Baie geluk aan die volgende dogters wat in Netbal prestreer het:
Wes-Kaapspan: 0/16 Charmaine Baard,0/15 Marzaan Heyns.
WP- Jongspan: 0/14 Elizma de Villiers, 0/15 Jania Kleynhans.,
AdMaths teaches advanced programme maths (APM) as an extra subject to grade 9 to 12 learners to better prepare them for their university degrees.
APM is a must for above average maths learners who want to pursue a career in maths, engineering, technology, science or related fields.
The subject bridges the gap between the school curriculum and university maths syllabus, ensuring better marks from day one of your studies.
AdMaths is also available at Brackenfell High. For more information, follow the link on the left hand side of this page or go to:www.admaths.co.za
Make the smart choice and enroll for the AdMaths course today. It's the first step to a successful maths related tertiary education and career.
Duane Erasmus het die 0/16 WPB-Hokkiespan gehaal.
We are proud to announce that Tyron Visagie was selected for the WP U/16 Grant Khomo team and
Cheslin Kolbe was selected for the WP U/18 Craven Week team
Vier van ons leerders het deurgedring na die finaal van die Stad Kaapstad Individuele Toneelkompetisie: Leandri Joubert, Marizaan Visser, William Froude, Duard Robbertse.
Leandri, William en Duard het ná die uitdunrondtes van die finaal geëindig onder die top 16 in die land. Duard is ook gekies om volgende jaar in ‘n produksie by die KKNK op te tree. Marthinus Basson gaan die regisseur wees.
Olivia le Roux het die Bolandspan vir die Interprovinsiale 72-putjie-toernooi op Langebaan gehaal.
Dehan Brink in gr 8A4 en Quinton Brink in gr 10A6 het hier skitterend presteer. Dehan het ‘n 1ste plek (goud) verower en Quinton het 3 goue medaljes (1ste plekke) en 1 brons medalje (derde plek) verower.
Quinton is ook bevoorreg om in ‘n groep van 4 vegters uit 200 van Suid-Afrika gekies te word om in Amerika te gaan veg vir die NAGA (North American Grappling Association).
U kan die Junie- eksamenrooster hier vind: JUNIE2011EKSAMENROOSTER
Op 17 Mei het Brackenfell se rugbyspanne kragte gemeet teen Paarl Vallei. Al Brackenfell se spanne het gewen. Die 0/19A-span het 'n oorwinning van 75-0 behaal. Ons is sommer baie trots op hierdie prag prestasie.
Katlego Makena in gr. 9 was elected for the U/14 WP Zebra boys’ hockey team.
Duane Erasmus was chosen for the Boland U/18 Indoor Hockey team and went through to the final WP U/16 trials.
Ons het die naweek van 7 Mei kragte gemeet teen Bellville met gemengde welslae. Gaan loer gerus na die uitslae wat pas gelaai is op die webwerf.
Gregory Oliver (boys’ cricket) and Jolandi Wilson (girls’ cricket) were invited to take part in the WP Winter Squad practices.
Bennie van Eeden het ‘n goue medalje verwerf (top 10 in die Wes-Kaap) by die Universiteit Kaapstad se Wiskunde Olimpiade
in die gr. 9-groep.
Are you in grade 8 or 9? Are you unsure what work you are writing exams on? Download it all, right here:Julie2011gr8 Julie2011gr9
By die pasafgelope SAICA Brugboukompetisie het H/S Brackenfell se A-span ‘n tweede plek en
die B-span ‘n derde plek in die WP verower.
Die A-span se bruggie het 195 kg gedra – hulle was slegs
10 kg agter die wenners.
Albei spanne dring deur na die nasionale kampioenskappe.
Die spanne bestaan uit: A-span: Rinus Grobbelaar, Ryno Wade, Elmar Dempers, B-span: Hester Swart, Jaco Koen, Jan-Petrus Steynberg.
René Gericke was chosen for the SA Junior Cricket team.
Jonathan Forlee was chosen for the SA U/16 Basketball team. They are in Zambia at present playing in a tournament to qualify for the All Africa Games later this year.
Remo Mitchell was chosen to represent District East at the WP Closed Chess Trials in May where a WP Schools Team will be selected.
Chané Stadlerwas chosen for thee WP 0/18B hockey team.
Leandri Joubert, Marizaan Visser, William Froude en Duard Robbertse dring deur na die finaal van die KAAPSTAD INDIVIDUELE TONEELKOMPETISIE.
Marnay Bothma is opgeneem in die SA 0/18- Aksienetbalspan en Natascha Marais het die 0/15B WP-Aksienetbalspan gehaal.
Lüzelle Myburgh, 'n 2008 matrikulant, het die seisoen besonders gevaar op die hokkieveld. Alhoewel sy sedert Graad 9 vir Durbanville-klub se dames A-span spee,l is sy vanjaar gekies om deel te neem aan die Princess Pro-series toernooi waar sy doelwagter vir die Eurolux Fireflies was.
Sy het ook tydens die toernooi speler van die wedstryd gekry- die enigste doelwagter wat dit verwerf het.
Verder is sy ook gekies om vir die onder 21 WP-Disaspan doelwagter te speel.
Sy speel dan ook nog vir haar koshuis se hokkiespan.
Sy is tans 'n tweede jaar fisioterapie-student te Tygerberg waar sy ook op verskeie komitees dien. Ons is sommer baie trots op hierdie talentvolle Brakkie.
Die oueraand vind op Maandag, 18 April in die skoolsaal plaas. Ons sien daarna uit om u te ontmoet.
Die kwartaal se Re Vera is pas opgelaai.
Kliek hier:SPORTDAG2011 vir 'n paar sportdagfoto's.
Kliek hier:skyfskietverslag vir 'n volledige verslag oor die doen en late van die skyfskietklub asook hul onlangste uitslae.
Congratulations to Simone Kapp with her performance at the Western Cape Secondary School Championship held on 12 March 2011.
She was selected to represent her province at the South African schools Athletics Track & Field Championships this past weekend. (26 March)
Daar het 8 leerlinge deelgeneem aan die dubbelstoernooi in Bredasdorp.
Die seuns is verteenwoordig deur Strydom Botha, PJ Muller, Darren Louw en Brandon Wheater, terwyl die dogters deur Annemarie Retief, Carlie Tredoux, Tanya Diedericks en Leah Harris verteenwoordig is.
Daar het 8 skole deelgeneem, o.a Bredasdorp, Piketberg, Union High, Framesby en Parel Vallei.
Dit het goed gegaan met ons leerders. Hulle het goeie ondervinding opggedoen, sterk kompetisie gehad en nuwe vriendskappe gebou.
Baie dankie aan mnr. Ludik en me. Pretorius wat die leerders vergesel het.
Altin van der Merwe was deel van die WP 0/14A-golfspan wat weereens die ander provinsies uitgestof het.
Die kompetisie het op 18 en 19 Maart by die Fish River Sun plaasgevind.
Baie geluk aan die volgende spelers wat opgeneem is in die Boland 0/18 binnenshuise krieketspan:
René Gericke (kaptein),
Dayne Pillar,
Justin Alexander,
Ruan Kapp en
Roubi Kapp.
Dis met groot hartseer dat ons kennis neem van mnr. Thys Olivier se afsterwe.
Mnr Olivier was vir baie jare die opsigter van Hoërskool Brackenfell. Hy sal nog vir lank onthou word en ons dink in hierdie swaar tyd aan sy familie.
Jonathan Forlee is touring to Angola and Zambia during March and April as part of the SA U/16 Boys’ Basketball
Team. We wish him the best of luck.
Die drummies het weereens presteer tydens vanjaar se eerste "large drill" kompetisie. Daar het 11 skole deelgeneem.
Brackenfell het 'n algehele eerste plek behaal en ons leidster is ook aangwys as die beste leidster. Hoërskool Hottentots Holland was in die tweede plek en The Settlers was derde.
Baie geluk aan mnr. Stadler en sy meisies.
Hugo Truter en Altin van der Merwe het as deel van die Wes-Kaap skole tafeltennisspan aan die tafeltenniskampioenskappe deelgeneem
Altin se span het ‘n bronsmedalje verower en Hugo het onder die top 8 spelers geëindig. Hugo het in Februarie gegaan na 'n SA-oefenkampe waar hulle geslyp sal word vir die SA-span.
Yolandi Wilson het die SA 0/19 Meisiekrieketspan gehaal wat in Oktober aan die Wêreldbeker gaan deelneem.
Ons wens haar voorspoed toe met die voorbereiding tydens die oefenkampe.
Baie geluk aan die 0/17A-krieketspan. Hulle is aangewys as die wenners van die WP Noordelike Stadsgebied Francor Bakkery-liga.
MySchool is South Africa's foremost school support system. They contribute more than R1.5 million to schools and charities every month.
1. Apply for your MySchool Supporter Card and nominate your
beneficiary (for example our school)..
2. Swipe your card at any of the 2500 partners nationally and
a percentage of the turnover is paid out to the school or
charity of your choice, at no cost to you.
3. Supply MySchool with your E-mail address. Then you will
receive a monthly Supporter Statement to see how much
money has been raised on your behalf.
Card usage is the key to the success of the system: Every swipe counts! Supporters can use their card at a range of national, regional and local retail partners on the MySchool system. Visit the MySchool website for more details at www.myschool.co.za

Aandag alle Brakkies: sorg asseblief dat julle voorkoms in orde is teen 17 Maart 2011. Dis wanneer die volgende netheidsinspeksie plaasvind.
Onthou- Helde dra belde. 'n Trui alleen lyk soos 'n koei sonder 'n speen. Los grimering by die huis. Sokkies moet omgerol wees en hare volgens voorskrifte. Indien jy onseker is oor hoe jy moet lyk, vra jou registeronderwyser of graadhoof.
'n Trotse Brakkie is 'n gelukkige Brakkie.
Baie geluk aan Simone Kapp,
Danielle Sterrenberg,
Ruan Stander,
Edrich Crouse en
Asshnique Robinso wat die WP atletiekspan gemaak het.
Wian Engelbrecht het skitterend gespeel in die wedstryd vir die WP O/15-span teen Devonshire van Engeland.
Hy het 21 noulbeurte geboul en 4 paaltjies vir 43 lopies gevat. Hy het ook 28 lopies aangeteken.
Die krieketmanne het verder ook sukses behaal teen Fairmont, HTS Bellville, Table View, Stellenberg en Paarl Gimnasium. Meer inligting verskyn binnekort op die sportblaaie.
Die seuns tennisspan het die afgelope kwartaal geskitter op die baan. Die eerste span het Tygerberg, DFM, Durbanville, Bellville en Stellenberg geklop.
Die meisies het ook geskitter deur DF, Bellville en Stellenberg te klop. Ons is sommer baie trots op julle!
Die skyfskietseisoen het goed afgeskop. Tydens die eerste liga-kompetisie het 24 Brakkie skuts deelgeneem. Daar was altesaam 48 deelnemers.
Marko Conradie 'n voltal behaal (100 uit 100) en het 'n medalje ontvang saam met Michelle Bezuidenhout, JP Steynberg, Thys van Zyl, Jan Mostert, Luan Wentzel, Ernst Germishuys, Helmut Rabe en Charles Tyers wat almal skitterend geskiet het.
Wian Engelbrecht was chosen to play in a WP Invitational XI against Devon Cricket Team from Engeland on 22-23 February 2011.
Darren Louw, WP 0/19-tennis, speel in twee toernooie: Vanaf 26-29 Maart 2011 (SA Interprovinsiale Toernooi)
en op 12 en 13 Februarie 2011 (Interprovinsiale Toernooi).
Ons hou styf duimvas, Darren.
Click here for the latest newsletter: Newsletter 2011/01
Quinton Brink is besig om gereed te maak om na Amerika te vertrek vir die USA World Opent Karate Championships. Hy het die NMA-ISKA Suid-Afrikaanse Protea-span verlede jaar gehaal.
Die matrieks van 2010 het skitterend gevaar! Ons spog
graag met hulle prestasies.
Die Hoërskool Brackenfell se 2010 matriekklas het weer bewys gelewer van die puik produk
wat Brakkieland lewer. Dié klas was die grootste matriekklas in die geskiedenis van die
WKOD: 330 leerders waarvan slegs één nie geslaag het nie.
206 van hulle slaag met
toelating tot ‘n B-graad en 119 met diploma-toelating. Die WKOD beloon die Hoërskool
Brackenfell met ‘n R10 000-toekenning vir ‘n toename in die getal matrieks wat in die
Nasionale Senior Sertifikaat geslaag het.
Die Dux-leerder van 2010 was Adél Coetzer met 89,4%. Sy het ook ‘n groot onderskeiding
behaal deur vir haar Gevorderde Wiskunde-vraestel 90% te verwerf!
‘n Ongelooflike pluimpie vir die 2010-matriekklas is dat daar 300 Vak A’s was terwyl die
volgende 23 leerders A-gemiddeldes behaal het:
Adél Coetzer, Jana Rust, Arno Faul, Jean Pierre Alberts, Chantelle Doddemeade, Simone le
Roux, Anneke Erasmus, Stiaan Wiehman, Derryn Visser, Jaimie-Lee Kearney, Marijke Roos,
Bianca Pedro, Tetyana Lobachova, Chantelle Carstensen, Hadrian Valentine, Holly Granger,
Mandy van der Merwe, Helienne van Zyl, Roné Grobbelaar, Ankia Scholtz, Marcel Prinsloo,
Marischa Gie, Nichilis Tredoux.
Die volgende tien leerders behaal plekke onder die Top-10 vir ‘n vak in die Wes-Kaap:
Anneke Erasmus: 1ste Afrikaans Addisionele Taal
Michaela Tsuen: 3de Dans
Jean Pierre Alberts: 4de Rekenaarstudie
Stiaan Wiehman: 7de Rekenaarstudie
Marcel Prinsloo: 8ste Rekenaarstudie
Jana Rust: 8ste LO
Ankia Scholtz: 1ste Wiskunde Gelleterdheid
Derryn Visser: 6de Wiskunde Gelleterdheid
Marischa Gie: 6de Wiskunde Gelleterdheid
Lizbé Smit: 2de Visuele Kuns
Baie geluk aann al die matrieks asook hulle ouers. Ons is baie-baie trots op julle!
Op Vrydag 5 Februarie het Brackenfell kragte gemeet teen HS Bellville, HS Durbanville, HS Tygerberg en die gaste, HS De villiers Graaff by die 38ste byeenkoms in Villiersdorp.
Brackenfell se atlete het puik prestreer en met die louere weggestap.
Baie geluk aan Renaldo Scott wat as die beste atleet in die junior afdeling aangewys is.
Olivia le Roux het by die Gauteng-Noord Junior Dames Gholfkampioenskappe ‘n 1ste plek behaal!
Darryn Louw achieved WP Colours for tennis. Well, done Darryn. We are so proud of you!
Hou die webtuiste en facebook blad dop vir 'n paar foto's van die glans geleentheid.
Op Vrydag 28 Januarie 2011 het die jaarlikse interhuis atletiek byeenkoms plaasgevind.
Baie geluk aan Brink wat die sangbeker gewen het en aan al die atlete wat so voortreflik presteer het.
We are deeply saddened to hear about the death of Tiffany-Jade Jooste (12E1, 2011)
We will remember Tiffany as a kind and gentle person with a warm smile and enthusiasm for life.
Our thoughts and prayers go out to her family during this very difficult time.
Baie geluk aan die matrieks van 2010 met hulle puik restultate. 'n Volledige verslag met foto's volg binnekort.
Baie geluk aan mnr. Jannie Muller wat aangestel is as ons nuwe adjunk-hoof.
Die Re Vera gaan van nou af elke kwartaal op die webwerf verskyn. Kliek hier om te sien wat die kwartaal nuus was in Brakland:
Graad 12-leerders van 2011 ontvang hulle nuwe handboeke op 1 Desember vanaf 08:00-13:00.
Graad 11-leerders van 2011 ontvang hulle nuwe handboeke op 2 Desember vanaf 08:00-13:00.
Graad 10-leerders van 2011 ontvang hulle nuwe handboeke op 3 Desember vanaf 08:00-13:00
Graad 9-leerders van 2011 ontvang hulle nuwe handboeke op 6 Desember vanaf 08:00-13:00
Graad 8-leerders van 2010 ontvang vanaf17:00-19:00 hulle boeke.
Enige uitstaande boeke van 2010 moet so spoedig moontlik by die boekstoor ingehandig of betaal word. Nuwe skryfbehoeftes is by die skool te koop op 6 Desember vanaf 09:00-19:00.
Aníca Grobbelaar, ‘n matriekleerder van 2008, is verkies as Voorsitter van die AFDA Filmskool se Studenteraad!
Esté Fourie, matriek 2003, het met vier onderskeidings geslaag in die MB.ChB-graad en is nou dr. Esté Fourie!!
Jan-George Bender is gekies vir die WP Junior Jukskei-groep wat in Desember aan die Nasionale Junior Jukskei-kampioenskappe gaan deelneem.
Drie van ons leerders, Danté van der Merwe, Hugo Truter en Altin van der Merwe is opgeneem in die WP Tafeltennisspan.
Hiermee het hulle gekwalifiseer om uit te speel vir die Wes-Kaapspan en al drie het toe die Wes-Kaap Tafeltennisspan gehaal wat in Desember aan die Nasionale Toernooi by die Wes-Kaap Sportskool in Kuilsrivier gaan deelneem.
Baie geluk ook aan hul afrigter, mnr. Hein Ludik.
Simone Tredoux in 9A1 het deelgeneem aan die SA Mixed Martial Arts Kampioenskappe en tweede en derde plek behaal.
Sy is genooi om in 2011 aan die wêreldkampioenskappe deel te neem in Florida, Amerika.
Congratulations to Julia Simons, Nolu Mdoda, Yolindi Geldenhuys, Carica Schoeman, Akhona Faye, Terr-Ann Robinson and Bianca Davids who received their WP Colours for drummies at the provincial trails.
Die 0/14A-span speel vandag (27 Oktober) krieket teen DF by DF Malan. Kom ondersteun gerus ons manne langs die veld.
Lené van der Merwe en Talitha Potgieter in graad 8 het die WP FISAF Hip-Hop-span gehaal en die WP by die
SA Kampioenskappe vir Fiksheid Sport en Aerobiese Oefeninge verteenwoordig.
Baie geluk! Ons is baie tros op julle!
Congratulaions to our new RCL members. We hope you make us proud in 2011.
Follow the link to learn more:
Baie geluk aan al ons leerders wat vanjaar weereens puik presteer het. Ons is trots op julle!
Meer inlingting volg binnekort.
Die meisies krieketspan het nie net hul eerste liga wedstryd met 9 paaltjies gewen nie, maar hulle het ook vir IQRA uitgehaal vir slegs 19 lopies.
En om die kersie op die koek te sit, het hulle oor die naweek ook vir Durbanville 'n krieketles gegee.
Baie geluk aan die span, hul afrigter, me. Brand en hulpafriger, mnr. Reinhard Archer. Ons is BAIE trots op julle.
Remo Mitchell had a fine year so far – he was selected for the WP Schools’ Chess Team as well as the WP Youth Chess Team.
During the
September holidays he participated in the National Gymnastics (Tumble) Championships in Pretoria where he received a silver medal!
Wian Engelbrecht het die WP 0/15 Krieket-uitnodigingspan vir 2010 en 2011-seisoen gehaal!
Die matrieks het vanjaar, soos in die verlede, ongelooflik stylvol en elegant gelyk.
Indien jy die afskeid gemis het, het jy vanaand, 12 Oktober die geleentheid om die matrieks in volle glorie by die modeparade te sien.
Kaartjies is beskikbaar by die deure. Moenie dit misloop nie. Matrieks, stuur gerus julle foto's om op die webwerf te verskyn. Loer gerus hier na 'n paar foto's van die aand: MATRIEKS 2010
Die Brakkies het vanjaar soos in die verlede geskitter by die SA's. Kliek hier vir 'n volledige verslag van hulle prestasies soos uiteengesit deur me. Badenhorst, hulle afrigter: SKIET
Mej. Denise Bester,het die HB en MJ Thom Onderwys-toekenning ontvang.
Dit is ‘n kontantbedrag van R5000,00! Baie geluk met hierdie ongelooflike prestasie.
Jolandi Wilson het die JAG WP 0/19 Dogterskrieketspan gehaal wat in Desember in Johannesburg
aan die SA Week deelneem.
Gregory Oliver was selected for the JAG WP U/15 Cricket Team to participate at the SA Cricket
Week in Port Elizabeth in December.
Raymond Olivier is neem deel aan die nasionale SA Krieket-kamp op 7 en 8 Oktober waar ‘n SA 0/19 Coca Cola Khaya Majola-span gekies gaan word.
U kind se rapport en vakverslae is op Donderdag, 7 Oktober saam met hom/haar huis toe. Indien u nie die nuusbrief en prestasieblad ontvang het via e-pos of u kind se koevert nie, kan u hier kliek om dit af te laai: NewsletterSeptember2010 en Prestasieblad
Well done to all the drummies!
They are not only the WP Champion of Champions , but they are also the NATIONAL CHAMPIONS of 2010. They won the large drill, small drill, flag group, double flag, non prop and baton, mace and pom-pom competition.
We are very proud of you!!!
Leerders word daaraan herinner dat die skool op 4 Oktober begin met dag 6 op die rooster.
Dis met groot hartseer wat ons afskeid neem van een van ons graad 12 leerders. Ruan Bothma is gedurende die September vakansie oorlede na 'n motorongeluk. Ons harte en gebede gaan uit na sy ouers, familie en vriende.
Baie geluk aan al die Brakkies wat deel was van die Waterolimpiade-span. Die span het derde in Suid-Afrika gekom by die interprovinsiale olimpiade in Johannesburg. Die span het bestaan uit :Willie vd Merwe, Michael Thomas, Simon de Waal.
Matthew van der Merwe and Arno van Wyk were chosen for the WP Action Soccer team. They obtained the gold medal at the SA Action Soccer Competition. Well done, guys!
Baie geluk aan Dirkie Heydenrych wat Bolandkleure vir Karate ontvang het en Renton Ellis wat die WP Stoeispan gehaal het wat aan die SA Streek Kampioenskappe op Uitenhage gaan deelneem.
Wel gedaan ook aan Tina-Gene Coetzee. Sy het as lid van die SA Martial Arts-span deelgeneem aan die internasionale kampionskappe in Orlando, Florida. Sy het ‘n eerste plek onder die Suid-Afrikaners en ‘n agste plek in die wêreld behaal.
Chantelle Doddemeade het ook weereens uitsonderlik presteer as lid van die SA stoeispan. Sy het in Egipte 'n goue medalje verower. Baie geluk, Chantelle!
Well done, also to Quinton Brink. He was invited to the SA Championships of the ISKA SA National Sport Martial Arts .
Strydom Botha in grade 9 and Bennie van Eeden in grade 8 went through to the third and final round of the Harmony SA Mathematics Olympiad. They are now under the top 100 juniors in South Africa.
We wish you the best of luck, guys!
Bennie van Eeden en Tachelle Lourens het die Junior Boland A-span vir Wiskunde Olimpiade gehaal en William Froude die Junior Boland Gemengde Span.
Olivia le Roux is on the roll with her golf- she represented Boland Ladies’golf at the Southern Cape Triangular played at Plettenberge Bay. She also took part in the Inter Provincial Senior Tournament in Irene.
Altin van der Merwe het sy WP-klere verwerf in gholf en wen die individuele titel by die 0/13-interprovinsiale toernooi.
Remo Mitchell in 8E4 obtained WP Colours for Gymnastics in Trampoline and WP half-colours for Tumble after two silver medals AND a gold medal in Tumble.
He now qualifies to take part in the interprovincial competition as well as SA Championships in September.
Die toneelgroep het met Pandora se Boks toekennings verower vir ensemblespel, beste byspeler (Stefan King) en beste regie (me. Bester & Pieter-Paul Robbertse). Hulle behaal 92% vir hul optrede.
Tydens die Loganfees het heelwat van ons leerders uitgeblink. Stefan King het 'n beste byspeler toekenning ntvang.
Leandri Joubert het goud gekry vir haar spel en me Bester en Pieter-Paul Robbertse het silwer gekry vir hulle regie.
Isabel Steyl het silwer vir haar spel gekry. Pieter Muller en Strydom Botha het silwer vir tegnies gekry en dan was daar ook heelwat leerders wat brons vir hulle spel gekry het, o.a: Johan en William Froude, Duard Robertse, Marizaan Visser, Natasha Ladu, Chloe Hasenjager en Emone Rosenleft.
Baie geluk aan al ons toneelspelers wat uitgeblink het.
Baie geluk aan Jana Rust wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die ATKV se Nasionale Redenaarskompetisie.
Baie geluk aan ons 2 top netbalspanne wat by die WP-finaal 'n draai gaan maak het. Ons 0/14A-span het 'n tweede plek behaal en ons 0/16A-span het 'n vierde plek behaal.
Brackenfell het vanjaar weereens geskitter by die skyfskiet. Vir die tweede agtereenvolgende jaar wen ons die algehele veerafdeling. Ons het die beste seniorspan, juniorspan en 0/13-span.
Uit ‘n totaal van 75 medaljes het Brackenfell 27 gewen. In die individuele kompetisie het Loris en Annika van den Berg en Adri van Zyl silwer medaljes gewen en Jean Alberts en Jan Mostert het bronsmedaljes verower.
By die finale WP-proewe het 17 Brakkies WP-kleure gekry. Stiaan Badenhorst het ‘n rekort geskiet. Hy het 907/1000 behaal- die hoogste nog in die WP. Baie geluk aan Stiaan en sy afrigters
Stiaan Wiehman in 12A1 het deurgedring na die volgende rondte van die SA Rekenaar Olimpiade.
Jonathan Forleee was selected for the Western Cape basketball u/16 Boys’ Team that will take part in the national tournament in PE.
Stefan King het as lid van die SA Varswaterhengelspan deelgeneem het aan die Drienasies Kompetisie: SA, Namibié en Zimbabwe. Suid-Afrika het Goud verower en Stefan is aangewys as Victor Ludorum van die Kompetisie.
Mooi so, Stefan!
Natasha Ladu was chosen to represent SA at the Hip Hop International Dance Organisation’s World Championships in Germany from 29th September 2010.
She also achieved various Dance, Hip Hop, Aerobics and Fitness, Tap Dance and Modern Dance diplomas with distinction. Well done!!!
Interact het het tydens die Rotaract Konferensie op 14 Augustus R500 gewen vir hulle oorspronklike projek om op ‘n kreatiewe wyse fondse te in. Lee-Ann Groenewald het as President leiding geneem.
Anoschka van Zyl het die SASAFF (SA Fitness Sport Aerobic Federation) gehaal wat aan die Wêreldkampioenskappe in Eindhoven in Holland gaan deelneem in Oktober 2010.
Jania Kleynhans, Marzaan Heyns, Estie van Wyk, Jana Bothma, Antoinette Jacobs and Dániel Viljoen gaan as lede van die WP 0/16 Aksienetbalspan in Desember na Australië om deel te neem aan die Junior Ontwikkelingstoernooi.
Baie geluk aan Jolandie Wilson en Chanelle Bothma wat vir die WP-Aksiekrieket-spanne gekies is.
Baie geluk aan Alicia Lombard wat SA-kleure verwerf het vir Trompoppies en as lid van die nasionale span gaan optree.
Geluk aan Wian Engelbrecht wat genooi is om die JAG WP 0/15 krieket-winterprogram te volg.
Die tafeltennis het gekook in die derde kwartaal. Die Brakkies is die WP-Noordsone kampioene in die 0/16- en 0/19-liga. Hulle het HTS Bellville in die eindstryd geklop. Wel gedaan!
Baie geluk aan Caroline Smallbones, Chané Stadler, Hailey Reent, Simoné Kapp, Ruan Kapp en Roubi Kapp wat almal opgeneem is in die WP-landloopspan.
Chane excelled even further to achieve u/16 Western Cape Colours which will enable her to compete in the SA championships.
Strydom Botha in grade 9 and Bennie van Eeden in grade 8 went through to the third and final round of the Harmony SA Mathematics Olympiad. They are now under the top 100 juniors in South Africa.
We wish you the best of luck, guys!
Well done to all our netball girls. During the past 2 weeks they won 8 out of 11 matches agianst Bellville High and walked over Durbanville High. We are looking forward to the rest of the season.
Pandora se boks hou 'n optrede in die skoolsaal op Woensdag, 4 Augustus. Kaartjies kos slegs R10 en gaan ten bate van die toneelgroep.
Daar vind 'n optrede van Mis in die skoolsaal plaas op 16 Augustus. Kaartjies kos R40 en alle matrieks word spesiaal genooi om nie hierdie gulde geleentheid mis te loop nie.
Altin van der Merwe (graad 8) het verlede kwartaal die WP- onder 13A- gholfspan gehaal. Hy het tydens die vakansie deelgeneem aan die onder 13 interprovensiale gholf toernooi in Worcester.
Spanne van regoor die land het deelgeneem. Altin het nie net sy span gehelp om te wen nie, maar hy het ook die individuele spel met met 6 hou gewen. Baie geluk, Altin, ons is BAIE trots op jou.
Arno van Wyk in graad 9 het die WP- Aksie Sokkerspan gehaal wat aan die Interprovinsiale Toernooi in Roodepoort gaan deelneem in Augustus. Mooi so, Arno!
Baie geluk aan Dewan van der Poel in graad 11. Dewan se boek Summeratiqué: Bloedwater en ‘n Gebreekte Spieël het pas verskyn. Die boek word uitgegee deur Carstens Uitgewers. Moet dit nie mislees nie!
Extreme 45 bied hierdie week verskeie geleenthede aan vir geestelike groei of 'n persoonlike ontmoeting met Jesus. Almal is meer as welkom. Hou die plakkate in en om die skool dop vir meer inligting.
Ons toneelgroep het puik presteer tydens die naweek se optrede. Hulle behaal 'n gemiddeld van 92% met "Pandora se boks".
Stefan King word as beste byspeler aangewys en me. Bester ontvang 'n toekenning vir beste regie.
Baie geluk aan me. Bester en haar leerders. Julle harde werk deur die vakansie is beloon! Vir meer inligting, besoek die groep op facebook.
Hier is die finale uitslag van die 2010 WP-Netbal t.o.v. ons skool:
0/15 Jongspan : Carla le Roux
0/15 WP : Charmaine Baard
0/16 WP : Antoinette Jacobs
0/17 WP en Wes-Kaap : Bianca Roux
0/19 WP : Helene Grundlingh
0/19 Jongspan : Lana J. van Vuuren
By die Nasionale Posliga het Brakkies uitgeblink. Vir die 2de agtereenvolgende jaar wen ons die
Algehele Veerafdeling, d.w.s. Beste Senior-span, Beste Junior-span, Beste 0/13-span.
Loris en Annika vd Berg en Andri van Zyl wen Silwer Medaljes en Jean Alberts en Jan Mostert Bronsmedaljes in die individuele kompetisie.
Intotaal wen die Brakkies 27 van die moontlike 75 medaljes. Daar het 34 skole vanoor Suid-Afrika deelgeneem!
Vir meer besonderhede en uitslae gaan loer na die skyfskiet afdeling op die webwerf.
Chantelle Doddemeade took part in a “new” sport and still excelled to achieve a gold medal in Cairo Egypt where she
competed for the SA National Junior team in the Africa Junior Championship in June 2010. Congratulations, Chantelle!
:
Adriaan Basson, hoofseun van 1999, het die Jackie Selebi-saak vir die Mail & Guardian gedek en is daarna deur
Tafelberg Uitgewers genader om ‘n boek oor die saak te skryf. Hy noem sy boek “Finish en Klaar”, omdat Selebi
op ‘n vraag só geantwoord het.
Stiaan Wiehman in graag 12A1 dring deur na die volgende rondte van die Rekenaarolimpiade!
Mnr Petrie Stofberg was een van die Bestuurslede van die WP 0/18 Akademie Rugbyspan wat onoorwonne was ná hulle SA Toernooi in die Junie-vakansie.
Alicia Lombard het SA-kleure verwerf toe sy gekies is in die Nasionale Trompoppiespan van 2010.
:
Tina-Gene Coetzee het as lid van die SA Martial Arts-span deelgeneem aan die Wêreld Kampioenskappe in
Orlando, Florida. Sy het ‘n 1ste-plek van die Suid-Afrikaners en ‘n 8ste plek in die wêreld verower.
Cheslin Kolbe was elected for the WP U/18 Craven Week Rugby Team – an outstanding achievement!
Jana Rust het deurgedring na die halfeindronde van die ATKV Rekenaarskompetisie!!
Chané Stadler is opgeneem in die WP 0/16A Meisiehokkiespan en
Chereze Barnard in die WP 0/19 Skiereiland Meisiehokkiespan
Hulle gaan albei deelneem aan die IPT in Potchefstroom vir die WP.
Kosie van der Merwe is opgeneem in die SA Rekenaar Olimpiadespan wat in Kanada aan die
“International Olympiad in Informatics” gaan deelneem!!
Megan North, matric 2008, was one of the University of Stellenbosch’s 30 top-achiever first-year
Students of 2009!!
Op die naweek van 22 Mei het Brackenfell kragte gemeet teen DF Malan op die rugbyveld. Van die 9 spanne wat deelgeneem het, het Brackenfell 8 uit die 9 wedstryde gewen. Vir meer besonderhede, gaan loer gerus na die sportuitslae.
Baie geluk aan al die spelers, sowel as die afrigters wat ten spyte van 'n druk program en die eksamen steeds skitterend presteer het.
Bianca Roux het ‘n skitterende prestasie behaal om in die Wes-Kaap 0/17-Netbalspan opgeneem te word. Ons is sommer baie trots op haar. Geluk, Bianca!
The second Large Drill competition of 2010 took place at Brackenfell High School on Saturday, 22 May at our new pavilion.
Brackenfell's drummies won the competition. The Settlers High School came in second place and Hottentots-Holland in the third place. Congratulations to mr. Stadler and his team! You are simply the best.
Phillip Geldenhuys, 'n graad 12 leerder het sy SA-kleure in stoei verwerf. Ons is sommer baie trots op hiedie stil, talentvolle jongman. Kliek hier vir 'n foto:Phillip
Brackenfell het 'n eerste en tweede posisie in die Wes-Kaap kompetisie van die SAICE Waterolimpiade behaal. Twee spanne van die Hoërskool Brackenfell het deelgeneem aan hierdie kompetisie.
Die wenspan het bestaan uit Willie van der Merwe, Simon de Waal en Michael Thomas en Nichilis Tredoux, Frans Truter.
Rudolph de Mooij was in die span wat in die 2de plek geëindig het. Albei spanne dring deur na die Nasionale Kompetisie
wat op 20 Augustus in Newtown, Johannesburg beslis word. Baie geluk, brakkies!
By die Stad Kaapstad Individuele Toneelspelkompetisie het Isabel Steyl tot die laaste 16 gevorder met skitterende toneelspel.
Stiaan Badenhorst en Loris van den Berg het SA Skolekleure in Luggeweerskiet verwerf. Ons is sommer baie trots op julle, manne!
Philip Geldenhuys en Renton Ellis het die WP-stoeispan gehaal wat aan die SA Griekse Romeins
Kampioenskappe gaan deelneem. Baie geluk, manne!
Fanie Saayman het aan die einde van die krieketseisoen ‘n toekenning ontvang by Bellville Krieketklub. Hy is aangewys as die beste bouler van die 3de span.
Baie geluk aan W. Human en R. Olivier wat op 5 Mei gaan deelneem aan die WP-Winter krieketprogram. Hulle is gekies vir die o/19 en o/17 WP-span. Ons is trots op julle manne!
Please note that tickets for the Moulin Rouge Musical are now on sale at the financial office.
The musical will take place from 3-6 May. Andriette Norman is also starring in the production. Follow this link to her website:optredes
For more information, contact Adri Opperman at: 021 981 5522. BOOKED SEATS @ R80 OR R6O. Only R40 for learners. Please come and support us!
Simoné Kapp behaal ‘n sesde plek in die 400m by die SA Skole Atletiekkampioenskappe asook 'n
brons medalje. Sy was deel van ‘n medley-span wat deelgeneem het aan die 100m, 200m, 300m en 400m.
Four grade 11 learners took part in Geography Olimpiad. Elisca Mostert, Peter-Joshua Hall and Jaco Koen made us proud by winning the olimpiad! Well done, guys!
Fanie Saayman het uitgeblink in krieket tydens die vakansie. Hy het 32 paaltjies geneem gedurende die krieketseisoen by sy klub. Hy het 2.2 per boulbeurt geboul terwyl hy in
drie wedstryde nie eens kon speel nie!
In die Stad Kaapstad Individuele Toneelspelkompetisie het Isabel Steyl, Leandri Joubert en William Froude landwyd deurgedring na die finaal. Daar was 500 inskrywings en daar is slegs 65 vir die finaal gekies. Dis voorwaar 'n uitmuntende prestasie.
René Gericke was chosen as the vice-captain for the 0/15- SA Indoor Cricket team.
Jolandi Wilson was part of the WP 0/19-Invitation team who took part in a competion against a English team during the past holiday.
Carla le Roux en Charmaine Baard is opgeneem in die SA 0/15- Aksienetbalgroep wat in 2012 aan die 3 Nasies kompetisie gaan deelneem.
By die nasionale aksienetbal kampioenskappe het speelsters van die Hoërskool Brackenfell in al die ligas deelgeneem. Die die 0/14A’s het ‘n goue medalje gewen, die 0/15A-span silwer en die 0/15B-span het ‘n vierde plek behaal. Die 0/18A-span het 'n
silwer medaljes verower, die 0/17A’s 'n goue medalje en die 0/17-Uitnodigingspan silwer medalje.
Die brugbouspan van ons skool het SAICE Brugboukompetisie by die Universiteit van Stellenbosch gewen bó spanne van die
universiteit!
Ons brug kon 180 kg dra terwyl die US se brug slegs 80 kg kon dra. Baie geluk aan Frans Truter, Nichilis Tredoux en Rudolph de Mooij wat Brackenfell verteenwoordig het.
Jaco Meyer, 'n graad 9 leerder is gedurende vakansie oorlede. Hy is deur 'n trein doodgery. Ons innige simpatie gaan aan sy ouers gedurende hierdie moeilike tydperk.
Slegs een slapie voor die skool op 26 Maart 2010 sluit na 'n lang, maar suksesvolle kwartaal.
Rapporte sal teen 09:30 in die admin. klasse uitgedeel word. Maak asseblief seker dat u goed na u kind se rapport, sowel as vakverslaggies kyk. Oueraandvorms, 'n nuusbrief en vele ander dokumente vergesel u kind se rapport. Stuur asb. volgende kwartaal die getekende vakverslaggies en rapporte terug na die admin. onderwyser.
Ons wens alle BRAKKIES en hulle families 'n geseënde Paasseisoen toe. Sien julle weer op 12 April 2010.
Die GIS (Geografie) Olimpiade is deur Hoërskool Brackenfell se span gewen. Die span het bestaan uit: Elisca Mostert, Peter Joshua Hall en Jaco Koen. Baie geluk, julle! Ons is sommer baie trots op julle.
Die tweede van sewe WP-kompetisies is 2 naweke terug in die- Protea Saal, Bellville, gehou. 31 Brakkies neem deel. Ons wen 15 van die moontlike 19 medaljes waaraan ons deelneem. SKITTEREND
SNR SPORTER - Stiaan Badenhorst 2de
JNR SPORTER - Luan Wentzel 1ste
SNR VEER - Marko Conradie 1e
- Loris v d Berg 2e
- Jean Alberts 3e
JNR VEER - Annika v d Berg 1e
- Thys van Zyl 2e
- Michelle Bezuidenhout 3e
BRAKKIES SE LAERSKOOL SKUTS
OOP VISIER - 0/13 - Gustav Meyer 1e
- 0/10 - Samantha Alexander 1e
BEGINNNERS
0/13 veer - Jan Mostert 1e
- Adri van Zyl 2de
- Johan van Niekerk 3de
O/13 V-visier - Net Le - Michael Bezuidenhout 1e
- Franco Beukes 2de
O/10 V-visier - Net Le - Marx Meyer 1e
Ons volgende kompetisie is op Saterdag 24 April in die Protea Saal, Bellville.
By hierdie kompetisie gaan almal die 3P skiet, d.w.s. in die Lê, STAAN,
en KNIELHOUDINGS. Mooi so, skut- harde werk word altyd beloon!!!!
The first large drill drummie competition took place on Friday, 12 March at the Bellville stadium. The event was hosted by Helderberg Drummies and won by Brackenfell!
We would like to congratulate all the drummies and mnr. Stadler with a spectacular performance on Saturday. We would also like to thank all the supports that supported the drummies on Saterday!
Die jaarlikse sportdag het plaasgevind vanaf 18-19 Maart. Verrigtinge is die Vrydag afgeskop met die opening van die pawiljoen asook 'n piekniek vir die hele skool.
Saterdag is toeskouers vermaak deur 'n puik vertoning van die trompoppies asook valskermspringers. Loer gerus hier vir 'n paar foto's:sportdagtrompoppies sportdagrugby
Die 0/15A-krieketspan het oor die naweek van 12 Maart teen HTS Bellville kragte gemeet.
Brackenfell kolf eerste en behaal 207 vir 6 paaltjies. HTS kolf tweede en kan slegs 80/10 behaal. Brackenfell wen met 127 lopies.
Die beste boulers was Gregory Oliver, Etienne Swatton en Duan Dippenaar. Die beste kolwers was Wian Engelbrecht (89 lopies), Duan dippenaar en J. Mouton. Baie geluk aan die spelers en hulle afrigters.
Die 0/14A-span het op die 6de Maart teen HTS kragte gemeet en met 9 paaltjies gewen. HTS kolf eerste en behaal 83/10. Brackenfell kolf tweede en behaal 84 lopies vir die verlies van 1 paaltjie.
Die beste boulers was Dehan Kruger en Willie Kleynhans terwyl Ruan Kruger 66, nie uit nie behaal het. Wel gedaag met 'n puik oorwinning!
Hoërskool Brackenfell en in besonder ons krieket familie hou styf duim vas dat hulle hierdie besondere mylpaal sal bereik.
Raymond Olivier en Werner Human is beide vir die O/19-nette gekies terwyl Wian Engelbrecht die O/15`s se naam gaan hoog hou. Wian is `n jong speler wat nog `n blink toekoms voor hom het. Hy is alreeds onder die 1ste 40 in die provinsie Ons glo stellig dat hy alles in sy vermoë sal doen om die uitgesoekte XI te haal!
In die afgelope 4 jaar het Hoërskool Brackenfell se meisiekrieketspan al verskeie WP-spelers opgelewer, onder andere Madelaine Hattingh, Anzel en Jolandi Wilson, waarvan laasgenoemde tans in gr. 11 is. Dit is dus hoogtyd dat die gesogde span se talente en harde werk raakgesien word.
BushCraft & Wood Customs acknowledges this team’s hard work by sponsoring all new practice wear along with stylish pullovers.
BushCraft has been supplying solid wood log-style furniture for almost two decades manufacturing bars, kitchens, sleeper couches, bedroom and lounge furniture, as well as bunker beds and study desks for the kids. Wood Customs, an affiliate company of BushCraft, specialise in the manufacture of customized wooden products and components.
All work is done exclusively by hand and the owner, Mr. Schoeman, says they pride themselves in their craftsmanship and dedication. A quality he recognises in Brackenfell High School’s girls cricket team too. For more information about BushCraft & Wood Customs follow the link: www.bushcraft.net
Die O19A-span het Rustenburg Girls High verlede week met 46 lopies gewen. Meisies, ons is trots op julle!
Loer ook gerus na 'n paar foto's van die span se kamp wat oor die naweek van 5 Maart plaasgevind het.KRIEKETKAMP
Devon Kemp was chosen for the WP Bowling Team to represent the WP U/19A and B sides at the National Bowling Championships at Nelspruit during April 2010.
28 van ons skool se atlete het deurgedring na die WP-Kampioenskappe as deel van die Noordsone-span. Dit is ‘n skitterende prestasie! Baie geluk. Kliek hier vir meer besonderhede: atletiek
Olivia le Roux is opgeneem in die Boland Junior Dames Gholfspan.
Brackenfell se 0/19A-krieketspan het teen De Kuilen kragte gemeet. Brackenfell kolf eerste en behaal 154/10 na 26.4 boulbeurte. De Kuilen kon slegs 78/10 behaal. Brackenfell wen met 76 lopies!
Competition Dates for 2010 are on the Drummie Facebook Group Wall. Hope to c u all at da 1st competition Fridaynite, 12 March @ 20:50 at the Bellville Stadium!!!!
Die tema vir vanjaar se kompetisie was "High School Musical". Daar was 6 tonele en alles het seepglad verloop. Die wenners was Kyle Ross en Annette Coetzee. Jean Brand en Julia Simons was in die tweede plekke.
Baie geluk aan mnr. Stadler en me. Heyneke met 'n puik produksie!
The final date for the 2010 DRUMMIE NATIONAL CHAMPIONSHIPS is, SATURDAY, 25 September until FRIDAY, 1 October to be held at BELLVILLE ATHLETICS STADIUM & VELODROME!!
Brackenfell se 0/19A-dogterskrieketspan het Rustenburg se meisies gewys waar Dawid die wortels gegrawe het. Hulle wen hulle met 46 lopies. Baie geluk aan die span en me. Brand, hulle afrigter.
Brackenfell se 0/19A-krieketspan wen Paarl Gimnasium baie oortuigend. 'n Volledige verslag, sowel as foto's volg binnekort.
Natasha Ladu will participate in the “Battle of the Giants” Hip Hop Championships at Sun City from the 26th – 28th March 2010.
Die eerste seuns en dogterspanne het Vrydag en Saterdag (19 en 20 Februarie 2010) aan ‘n toernooi by Hoërskool Durbanville deelgeneem.
We played against the following schools:
Durbanville High School,
Hermanus High School,
Invitational team.
Die kompetisie was baie straf aangesien veral Durbanville se seuns baie goeie tennisge speel het.
Ons dogters het weer skoonskip gemaak. Aan die einde van die twee dae is ons toe aangewys as die beste skoolspan. Kliek hier om foto's van ons pragtige spanlede te sien: TENNIS
Vir 2010 is ons die houers van ‘n pragtige wisseltrofeë. Baie geluk aan hierdie leerders. Julle het ons skool se naam hoog gehou.
Brackenfell se 0/15A-krieketspan het die naweek vir Bellville ore aangesit deur met 54 lopies te wen. Brackenfell kolf eerste en behaal 193/9. Bellville kon slegs 139/9 aanteken.
Die beste kolwers was Ryan Oosthuizen met 66 nie uit nie asook Gregory Olivier met 38 lopies. Die beste bouler was Duan Dippenaar met 3/16. Kliek hier vir 'n paar foto's:KRIEKET2010
Baie geluk met hierdie puik prestasie, manne!
Kom kyk op Donderdag, 25 Februarie, wie gekroon gaan word as 2010 se mnr. & mej. Brackenfell.
Die aandjie skop af teen 19:00 in die skoolsaal. Kaartjies kos R40 en is te koop by die finansiële kantoor. Daar sal ook 'n beperkte aantal kaartjies by die deure verkoop word.
Moenie hierdie spoggeleentheid misloop nie!
We would like to congratulate the following pupils who will be participating in the above tournament from 6-11 April at the Brackenfell Arena.
The following learners will represent the Western Province Action Netball teams: Michelle Minnie, Charmaine Baard, Lene Thiart, Bianca de Gois, Martha Steenkamp, Melandi Beck, Charleen Visser, Jania Kleinhans, Estie van Wyk, Marzaan Heyns, Jana Bothma, Carla le Roux, Minette Nieuwoudt, Antounette Jacobs, Daniel Viljoen, Marnay Bothma, Bianca Rouz and Danel Conradie.
Hierby is ‘n foto van ons dogters wat almal in Februarie WP-aksienetbalkleure verwerf het:
:
AGTER v.l.n.r. : Karina Steenkamp (0/14B), Melandie Beck (0/14B), Michelle Minnie (0/14B), Carla le Roux (0/15A), Charmaine Baard (0/15A), Marzaan Heyns (0/14A)
MIDDEL v.l.n.r. : Estie van Wyk (0/14A), Antoinette Jacobs (0/16A), Marnay Bothma (0/17A), Jania Kleinhans (0/14B), Bianca de Gois (0/15B), Jana Bothma (0/14A)
VOOR v.l.n.r. : Dániel Viljoen (0/16B), Bianca Roux (0/17B), Danel Conradie (0/18), Charleen Visser (0/14B), Lené Thiart (0/15B)
AFWESIG : Minette Nieuwoudt (0/16A)
Die eerste van 7 WP-kompetisies het die naweek van 14 Februarie plaasgevind in die Protea Saal, Bellville. Daar het 22 Brakkies deelgeneem. Ons wen 13 van die moontlike 16 medaljes.
SNR SPORTER - Stiaan Badenhorst 2de
JNR SPORTER - Estelle Kielblock 2de
- Justin Alexander 3de
SNR VEER - Marko Conradie 1e
- Loris v d Berg 2e
- Jean Alberts 3e
JNR VEER - Annika v d Berg 1e
- Thys van Zyl 2e
- Ernst Germishuys 3e
OOP VISIER - 0/13 - Gustav Meyer 1e
- 0/10 - Samantha Alexander 1e
BEGINNNERS
0/13 veer - Adri van Zyl 1e
- Hugo Mostert 2de
BHS SE SKIETGROEP ROCK!. Getalle groei sterk en ons staan tans op 42 skuts. Skyfskiet is 'n sport wat die totale kind ontwikkel.
Indien jy belangstel om betrokke te raak, kom praat gerus met me. Badenhorst. Kliek hier vir meer foto's:SKYFSKIET2010
Ons is sommer baie trots op ons eerste krieketspan wat hierdie seisoen behoorlik skitter.
Die afgelope Saterdag het Brackenfell eerste gekolf in die Sammy Bloch uitklop kwarteindrondte teen DF Malan. Brackenfell behaal 135/6 na 30 boulbeurte.
DF kolf en behaal slegs 39/10 na 19 boulbeurte. Brackenfell wen dus met 96 lopies!
Die beste kolwers was Kyle van der Westhuizen wat 33 behaal het en Reinhard Archer met 53 lopies. R. Olivier was die beste bouler met 5/7 na 6 boulbeurte.
Vroeër die week het die span kragte gemeet in die WPNS liga wedstryd teen Fairmont.
Fairmont kolf eerste en behaal 91/10 na 29 boulbeurte. Brackenfell kolf tweede en behaal 93/3 na 15 boulbeurte. Brackenfell wen dus met 7 paaltjies.
Ons is sommer baie trots op hierdie prestasies. Wel gedaan manne!!!!
Ons 1ste krieketspan het ‘n baie moedige vertoning gelewer op 11 Februarie teen ‘n tradisionele reus in skolekrieket. Die wedstryd is by WBHS beslis op die Jacques Kallis Oval.
Wynberg kolf eerste en behaal 119/8 na 20 boulbeurte. Brackenfell kolf tweede en behaal 111/6. Om met slegs 8 lopies te verloor teen so ‘n sterk span, is in niemand se taal ‘n skande nie. .
Beste boulers:
Werner Human 3/15
Ian Smith 2/20
Beste kolwers:
C Schrickker 37 lopies
Reinhardt Archer 32 lopies nie uit
Wiaan Engelbrecth 15 lopies
We would like to thank every learner that supported the team on Friday evening. A full report will follow in the next few days. Have a look at a few photo's: :
Op Vrydag, 12 Februarie is die dag van die liefde gevier in Brakland. Leerders is toegelaat om enige iets rooi saam met hulle uniform te dra.
Sommige registerklasse het sover gegaan om vir mekaar geskenkies te koop deur die "spook-sisteem". Selfs die onderwysers het die dag gevier deur vir mekaar kospakkies in te pak en te versier!
Hoop julle almal het 'n dag vol liefde ervaar!
Ons atlete neem Vrydagmiddag deel aan 'n byeenkoms by die Bellville atletiekbaan. Ons neem teen 5 ander skole deel. Kom ondersteun ons atlete en sing jou longe uit soos net 'n brakkie kan!
Wian Engelbrecht was invited to the WP U/19-kricket practise.
Olivia le Roux is genooi om die Boland Junior Dames Gholf te verteenwoordig op 15 Februarie 2010.
Three of our pupils snatched the front page of The Tygerburger with a stunning photo of Haidong Gumdo, an ancient South Korean martial art.
They are: Cassidy Smith, Michelle du Toit and Gavin Pienaar, all three grade 9 learners at Brackenfell High.
Haidong Gumdo, which is becoming very popular among the local youngsters teaches self-control, discipline, self-confidence and self-defence while learing the ancient South Korean sword fighting technique.
Gaan loer gerus na die foto's van ons nuwe seniorraad asook Annuska, die voorsittervan 2010 se boodskap.
Die graad 9 VRL is: Duard Robbertse, John Froude, William Froude en Strydom Botha. Die gr. 10 VRL is: Rinus Grobbelaar, Robin Vermaak en Suzaan Malan. Die gr. 11 VRL is: Elisca Mostert, Hester Swart, Leandri Joubert en Monique Visser
Die matriek VRL is: Maryke Dreyer (ondervoorsitter), Bianca Pedro, Corli Conradie en Isabel Steyl.
Die Seniorraad is die ou leerlingraad of prefekte. Dit bestaan uit slegs matriekleerders. Hierdie groep mense het die graad agt oriënteringsweek hanteer:
Paul Bester
Werner Blom
Jean Brand
Annette Coetzee
Rudolph De Mooij
Wilma De Mooij
Anneke Erasmus
Rochelle Fourie
Courtenay Gibson
Rone Grobbelaar
Janelle Havenga
Jesse Hendricks
Carla Herbet
Ivan Janse van Rensburg
Lana Jansen van Vuuren
Frances Kuun
Tertia Retief
Jana Rust
Heinie Snyders
Andre Swanepoel
Nichilis Tredoux
Michaela Tsuen
Mandy Van der Merwe
Chantelle Doddemeade
Albrecht Luijk
Brackenfell se 0/19-krieketspan se sege tog duur voort. Brackenfell het oor die naweek van 30 Januarie teen Tygerberg kragte gemeet.
Brackenfell het 83/10 behaal, maar Tygerberg kon slegs 52 lopies aanteken. Brackenfell wen met 31 lopies.
Die beste kolwer was W. Human wat 28 behaal het, R. Olivier en A. Luijk het uitgeblik met die boulwerk. Olivier behaal 2/13 en Luijk behaal 4/13.
Baie geluk weereens manne!
Brackenfell se 0/19-krieketspan het dit in 'n kwessie van 'n week reggekry om 3 skole se spanne te vermorsel op die veld.
Die nuutste slagoffers was Hoërskool Parow asook
Hoërskool Phandalwazi. Laasgenoemde is teen kragte gemeet by die Pro 20 toernooi. Brackenfell kolf eerste en behaal 285/6 na 20 boulbeurte. Phandulwazi kan slegs 31 lopies maak. Brackenfell wen met 254 lopies.
Hoërskool Parow kon nie veel beter doen nie. Brackenfell kolf eerste en behaal 277/7 na 30 boulbeurte. Parow kolf en kan slegs 25/10 maak. Brackenfell het 'n reuse oorwinning van 252 lopies!
Die beste boulers was R. Olivier: 2/3 na drie boulbeurte en A. Luijk met 4/9 na 3.3 boulbeurte. Die beste kolwers was C. Shrickker met 60 lopies, R. Olivier et 54 lopies, A Luick met 39 lopies en R. Archer met 38 lopies.
Ons wil graag al die spelers en hulle afrigters hartlik gelukwens! Ons is trots op julle!
Drie van ons 2009 matrieks het op die WKOD- prestasielys van Drama uitgeblink deur die 2de, 4de en 7de posisies in die provinsie te behaal.
Baie geluk aan Elzanne Visser met haar tweede plek, Pieter-Paul Robbertse met sy vierde plek en Mari Bester met haar sewende plek. Ons is sommer baie trots om julle!
Chantelle Doddemeade was selected for the SA Junior team who participated in the Commonwealth Judo Championships held in Singapore during January 2010, where she won a gold medal in her category.
René Gericke is gekies vir die Boland 0/15-Indoor Krieketspan wat in Port Elizabeth gaan deelneem op 10 April 2010.
Ons is sommer baie trots op hierdie dogters!
For more information about everything that will happen during the first term in and aroud Brackenfell, please consult the Brakkie Diary by following the link:
Liewe ouer, ons kry heelwat navrae oor leerders, rekeninge ens. Dit sal ons taak baie vergemaklik iendien u bewus is in watter registerklas u kind is.
Kliek gerus hier om te sien watter seksies by watter onderwyser in die registerklas is.
You will also find information about the grade heads and top structure of the school if you follow the link.
Op Saterdag, 23 Januarie het Brackenfell se 0/19-krieketspan teen Durbanville kragte gemeet.
Brackenfeel kolf eerste en behaal 181/10. Durbanville kolf en behaal slegs 54/10. Brackenfell wen met 127 lopies!!!
Die beste kolwer was C. Schrikker wat 100 behaal het. Die beste bouler was R. Archer wat 4/17 behaal het. Ander uitblinkers was R. Olivier 2/9 en S. Bezuidenhout 1/6.
Hartlik geluk aan alle spelers en hulle afrigters. Julle het ons sommer baie trots gemaak om brakkies te wees!
Brakkie atlete sal op 12 Februarie deelneem aan 'n uitnodigingsbyeenkoms asook op 22 Februarie by die Bellville stadion. Ons hou styf duimvas vir al ons atlete!
After thorough consideration the school has decided to adjust the detention system so that smaller transgressions are punished immediately with 45 minutes detention.
If your child is put on this detention, you will receive an SMS so that transport arrangements can be made for the next day. For serious level 2 and 3 detentins the usual Fruday detention will apply.
This year the school will again have a Trolley Dash Competition sponsered by Pick 'n Pay Family Store. The funds generated will be applied for our pavilion fund. Please support this project. If every learner sells only one booklet with tickets, we will be able to pay off our debt before the pavilion is completed!
At the start of the new term, we would like to welcome back all the 'Brakkies".
Graad 8's, julle is by die regte plek. 'n Gelukkige Brakkie is 'n betrokke Brakkie, so raak so spoedig as moontlik betrokke by enige van die vele aktiwiteite wat die skool aanbied.
Ons wil ook baie welkom sê aan 2 nuwe personeellede. Me. R. Bester en mnr. Q. Joubert sluit vanjaar by ons aan. Ons hoop hulle voel sommer dadelik tuis.
Baie geluk ook aan ons matrieks van 2009 met hulle puik uitslae. Twaalf leerders het met 'n gemiddelde A-simbool geslaag. Die drie topkandidate het met 7 A's elk geslaag. Baie geluk aan Pieter-Paul Robbertse, Ilse Visser en Kosie van der Merwe wat ons toppresteerders is.Ons is trots op julle!
On Friday from 08:00-15:00 we will be having our interhouse athletics. Parents are welcome to join us.
Ek is opsoek na leerders wat kan help met die skryf van artikels vir die webwerf. Is jy kreatief, sportief of dalk net kief? Stuur vir my 'n e-pos van 100-150 woorde na woefies@gmail.com waarin jy my meer van jouself vertel en hoekom jy op die Brakkie-redaksie hoort. Aansoeke sluit 1 Desember 2009.
I am looking for learners to help me with the website. Do you have a passion for computers, writing stories or maybe taking photo's? Send an e-mail (100-150 words) to woefies@gmail.com. Tell me more about yourself and why you want to be part of the editorial staff! Applications close 1 December 2009.
Join us on facebook. Look for www.brakkies.co.za and add us to your favourites!!!
U kind behoort teen die tyd reeds vir u 'n brief oor 2010 se skoolfonds te gegee het. Stuur asb. so spoedig moontlik die afskeurstrokie terug aan die skool. Indien u nie bewus is hiervan nie, volg gerus die skakel: skoolgelde
Gaan loer gerus na die matriekfoto's. Hierso is nog 'n paar:nogmatrieks
"Courage does not mean that you are not afraid. It just means the cause you are fighting for is greater than your fear."
Die November eksamen is reeds in volle swang vir die hele skool. Indien u steeds onseker is wanneer en oor wat u kind skryf, gaan loer gerus by www.schoolalert.co.za vir meer inligting of skakel te skool.
If you are looking for more information about the matric final exams, please follow the link:2009matricfinalexam
Dis die matrieks se laaste week van klas. (19-23 Oktober)Ons vertrou dat hulle al hard aan die studeer is.
Daar vind hierdie weke ook 'n prysuitdeling plaas op Woensdagaand asook 'n merietesaal op Donderdag. U word vriendelik uitgenooi na hierdie geleenthede.
Ons is tans besig om die eksamenrooster te finaliseer. Die graad 10 en 11's sal reeds op 9 November begin met eksamen terwyl die graad 8 en 9's nog klas sal loop tot 13 November toe.
Die laaste week van skool sal gebruik word om rapporte te finaliseer en om leerders se nuwe handboeke uit te reik. Die skool sluit op 11 Desember. U kind sal dan sy/haar rapport ontvang. Vir enige verdere navrae kan u die skool skakel.
Die Varingfees het in 2004 ontstaan, en het in die afgelope jare ontwikkel tot een van die bestes in die land. Die fees vind vanjaar weereens op ons gronde plaas vanaf 6-8 November. Verlede jaar het nagenoeg 20 000 mense die fees bygewoon.
.
Van waar die naam Varingfees? Die fees is ’n Brackenfell-fees. “Bracken” beteken oorspronklik varing, en “fell” beteken koppie. Die fees vind dus plaas by die varingkoppie, en wat kan meer beskrywend wees as die Varingmusiekfees? Wat die fees van ander feeste onderskei is dat dit daarop ingestel is om ’n gesinsfees te wees.
Daar word moeite gedoen om die fees bekostigbaar te hou vir die gesin. ’n Pretpark met ’n groot verskeidenheid speletjies vir klein en groot, en stalletjies waar die hele gesin kan rondsnuffel en koop, is ’n vanselfsprekende deel van die fees. Moet ook nie vergeet van al die kosstalletjies waar daar na hartelus gesmul kan word!
Vir meer inligting, volg gerus die skakel na die Varingwebwerf:
The grade 12 fashion show will take place on 15 October 2009 in the hall. Tickets are available at the school for only R25.
The show will start around 19:30. Please come and support our grade 12 learners. If you have a nice photo or two of the matric dance, please send them to woefies@gmail.com.
Kom loer gerus na van die matriekafskeidfoto's wat ons reeds ontvang het: en .
Tyron Visagie neem vanaf 23-25 Oktober deel aan die SA Karate - Do Goju Kai wêreldkampioenskappe in die Bellville Velodrome. Ons hou styf duimvas vir jou, Tyron!
Philip Geldenhuys gaan op 16-17 Oktober deelneem aan die: WP senior stoeikampioenskappe in Pretoria. Baie geluk, Philip!
Anoschka van Zyl and
Natasha Ladu were chosen for the WP Sport Aerobic & Fitness Championships. They took part at the South African Sport Aerobics and Fitness Championships in Pretoria during the September holidays. Well done, girls! We are proud of you!
Yolandi Wilson is gekies vir die WP 0/19-span wat aan die nasionale krieketweek in Oos-Londen deelneem vanaf 13 - 17 Desember 2009. Ons hou styf duimvas, Yolandi! Baie geluk met hierdie puik prestasie.
Volg hierdie en gaan kyk gerus na 'n paar foto's van die Oranjerivierkamp.
Hoërskool Brackenfell is die algehele ATKV-Wenners van die ATKV Tienertoneelkompetisie vir 2009!!!
Pieter-Paul is aangewys as die beste akteur, Gerry van Rensburg is aangewys as die beste byspele. Ons het ook die prys gewen vir beste regie en die prys vir die beste algehele produksie!!!
Ons is baie trots op ons skuts wat die afgelope tyd, soos in die verlede, skitterend gevaar het.
Francois Malan het die SA Luggeweerspan gehaal en hy en sy afrigter, me. Badenhorst (wat ook die SA afrigter is), het beide Springbokkleure verwerf. Hulle het in Augustus in Engeland aan die Internasionale Luggeweer Kompetisie deelgeneem.
Verdere skietsuksesse: Stiaan Badenhorst het Wes-Kaap kleure verwerf in die 0/20 10m Sporter-klas en Marco Conradie het Wes-Kaap kleure verwerf in die 0/16 3 Position Springer-klas.
Om die kersie op die koek te sit is 20 van Brackenfell se skuts gekies vir die WKSSV se skyfskietspan wat gedurende die Septembervakansie aan die SA's gaan deelneem in Pretoria.
Ons is BAIE trots op julle en hoop dit dat sommer baie goed sal gaan by die SA’s!!!
Caroline Smallbones (o/16), Ju-Randa Basson (o/19) en Chané Stadler (o/14) het hul WP-kleure in landloop verwerf op 15/8/09.
Caroline Smallbones en Ju-Randa Basson het ook hul Wes-Kaap kleure verwerf by die Wes-Kaap Kampioenskappe wat op 22 Augustus 2009 in George gehou is.
Hulle gaan op 25-26 September in Kimberley aan die SA Landloop Kampioenskappe deelneem. Ons wens hulle alle sterkte toe. Ons is sommer baie trots op hulle!
Baie geluk aan die toneelgroep en hulle afrigter, me. Bester! "Porselein", het nie net die ATKV se toneelkompetisie in die Wes-Kaap gewen nie, maar ook Die Burger & Grandwest se Kunstekaap kompetisie. Gaan loer gerus na die artikel wat verskyn het in Die Burger.
Van die 144 stukke wat deelgeneem het aan die ATKV-kompetisie, is slegs 10 skole, waarvan Brackenfell een is, genooi na die finaal by die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.
Ons is sommer baie trots op die toneelgroep en hou styf duimvas vir Aardklop! Loer gerus na 'n paar van hulle foto's: en sluit aan by hulle ondersteunersgroep op facebook.
Op Vrydag, 18 September gaan die groep optree by die skool. Kaartjies is slegs R20 en beskikbaar by die skool.
Pieter-Paul Robbertse is uitgenooi na die Afrikaanse Olimpiade pryswenners geleentheid in Pretoria.
Hy het skitterend presteer in die Afrikaans Ekspo waar hy 'n afdelingswenner is. Hy het die kortverhaal, "Ek het jou gemaak", van Jan Rabie omskep in 'n dramastuk.
Ons is sommer baie trots op hierdie veelsydige akteur en dramaturg!
We would like to thank our business sponsers for sponsering the under 16 "Seven Aside Rugby Tournament" held at Brackenfell High School on Saterday, 29 August. We appreciate your support!
Please have a look at some of the photo's that was taken of the winning teams:SEVENS
Cheslin Kolbe was chosen for the SA 0/16-rugby group. The final team will be announced later this year, after a practise session in Cape Town. We are keeping our thumbs crossed for you, Cheslin!.
Helene Grundlingh is geïdentifiseer as een van die 10 beste netbalspeelsters in die Westelike Provinsie se 0/17-groep. Baie geluk, Helene!
Stuur gerus julle interskole foto's na die webwerf. Vir 'n voorsmakie, loer gerus na die netbalfoto's:
Die 0/19C-netbalspan het vanjaar nie net afgereken met die spanne van Bellville, DF, Stellenberg, Durbanville en Tygerberg nie, maar hulle het ook vir De Kuilen 2 keer geklop en hulle seisoen onoorwonne afgesluit!
Baie geluk aan Marnel, Lana, Jo-Anne, Anneri, Antoinette, Marisa, Melandri en Chane wat Brackenfell se naam hoog gehou het! Ons is trots op julle!
Die afgelope kwartaal het die Brakkies geld en kos ingesamel vir diere in nood. Leerders van Laerskool Bastion het ook gehelp in hierdie poging om man se beste vriend warmer te laat slaap in die Winter.
Die drie laerskool insamelaartjies op die foto aan die regterkant van die bladsy is van links na regs: Janke Mostert, Anina Steenkamp en Jana Swart.
Hulle is almal is graad 6 in Laerskool Bastion en het altesaam R 800 ingesamel.
Foto's van die personeelkonsert is pas gelaai. Loer na die skakel aan die linkerkant van die bladsy, genaamd "onnie pics". Stuur asseblief nog foto's na woefies@gmail.com.
Baie geluk aan die leerders wat presteer het by die tegnologie olimpiade. Brackenfell verower 'n 2de plek asook 'n 3de plek in die Wes-Kaap.
Spanlede wat 'n 2de plek behaal het: R de Mooij, N. Tredoux en spanlede wat 'n 3de plek behaal het:
Hannah Raven, Frans Truter, Corné van Rensburg.
U kind is hopenlik reeds hard aan die studeer vir die September eksamen wat vanaf 3-23 September vir die hele skool geld. Ons het dit goed gedink om vir die junior groepe 'n handleiding te gee waarin al die werk wat hulle moet studeer is. Gaan loer gerus na die gids vir graad 8 en 9. Die seniors is reeds ingelig waaroor hulle skryf. Indien daar enige ondeuidelikhede is, voel vry om die betrokke onderwyser te skakel.
Soos almal reeds weet het ons vir die 11de keer in 'n ry vir De Kuilen geklop tydens die jaarlikse interskole. Vir meer besonderhede en uitslae kan u gerus snuffel deur die webwerf.
Die jaarlikse interskole teen De Kuilen vind plaas op die naweek van 21/22 Augustus.
Moenie die personeelkonsert, koekkompetisie en vele ander geesbou geleenthede misloop nie!!!
Ons leerders het vanjaar, soos in die verlede, puik presteer by die Tygerberg Eisteddfod. Vir meer inligting, volg die skakel:
Chantelle Doddemeade has done it again! Chantelle obtained the first place at the SA Judo Championships .Well done, Chantelle! We knew you had it in you.
Quinton Brink in 8A1 het 'n 1ste plek gekry by die SA Nasionale Kampioenskap vir Mixed Martial Arts en is gekies om in Oralndo, Florida USA te gaan deelneem as lid van die SA span by die 2009-2010 US open ISKA World Championships in Disney World.
Die sportuitslae is vandag opgedateer.(07/08) Gaan loer gerus.
Volgende opdatering volg na interskole.
The following learners obtained provincial colours:
WP Judo: Chantelle Doddemeade
WP Netball: 0/14 Charmaine Baard, Charmaine Baard 0/14; Antoinette Jacobs 0/16; Hestie Nieuwenhuys 0/17; Carol leseke 0/19; Helene Gründlingh
WP Girls' Hockey: Laurette Cummins WP B 0/18
Caroline Smallbones U/16 Non travelling reserve
WP Boys' Hockey: Northern Zone: Richard Exton, Juan Rodriques U18,
Luzuko Ndongeni U16,
Mbasa Ngumbela, Duane Erasmus U14,
Michael Fernandes non-travelling reserve U14
Ons produksie, Porselein, het 40 ander skole uitgestof en weggeloop met die eerste prys op Fraserburg!
Die span word afgerig deur mej. Denise Bester. Akteurs: Pieter-Paul Robbertse (ontvang toekenning beste akteur, Leandri Joubert (ontvang toekenning beste aktrise), Isabel Steyl, Gerry van Rensburg, Mari Bester en Stefan King
Tegnies: Paul van Molendorf
Through our love for our school and children, we strive to serve our school as a close-knit family. When we pray for the school and the learners, we reclaim territory for Jesus.
All requests will be confidential; look for the prayer request containers!!! You are welcome to join us in prayer, Wednesday mornings at 07:45. We meet in the foyer.
Baie geluk aan die nuwe SBL met hulle verkiesing. Ons is baie dankbaar dat u ten spyte van u vol werkprogramme u weg oopsien om die dikwels ondankbare werk te doen.
Die volgende ouers is verkies: Jaco Rabe, Jan Loubser, Christo Gie, Mellville Cloete, Sean Alexander, Alwyn Tredoux, Theo Coetzee.
Die volgende opvoeders is verkies: Mnr Michael Koopman en Mev Marlene Kruger.
Die volgende nie-opvoeder is verkies: Mnr Gerhardt Coetzee.
Mev Trudie Badenhorst is die afrigter van die SA Luggeweer Skietspan wat tans deelneem aan die Wêreld Kampioenskappe in Engeland. Een van ons skuts is 'n lid van die span.
Op inisiatief van me. Brand en me.Heyneke is daar tans 'n biblioteek in wording in die ou personeelkamer. Daar is reeds honderde nuwe boeke wat tans oorgetrek en georden word. Hou hierdie spasie dop vir verdere nuus.
U het reeds u kind se rapport, vakverslaggies en die nuusbrief ontvang. 'n Oueraand word op 4 Augustus gehou. Kom gerus en ontmoet u kind se onderwysers. Saam kan ons u kind help om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.
The progression requirements for grades 7, 8 and 9 changed.
These requirements have far-reaching consequences for learners in grades 7 to 9 as the requirements were dramatically adjusted upwards. To learn more, follow the link.
Die afgelope vakansie het verskeie Brakkies Brackenfell se naam hoog gehou.
Die trompoppies het 'n brons medalje verower by die Nasionale kampionskap.
Twee leerders is deur na die Finale Rondte van die SA Wiskunde Olimpiade (slegs 100 landswyd): Kosie van der Merwe gr. 12 en Strydom Botha gr. 8.
Kosie van der Merwe is in die SA Rekenaar Olimpiadespan opgeneem wat na Bulgarye gaan vir die Internasionale Rekenaar Olimpiade. Hy is een van slegs 4 leerders uit S.A.
Die Wes-Kaap 0/14 Netbalspan het die goue medaljes verower by die SA Kampioenskappe en Charmaine Baard in gr. 8 was 'n lid van die span.
Ons hoofseun, Pieter-Paul Robertse, is aangewys as "beste akteur" in Bloemfontein by die toneelkompetisie waaraan baie bekende groot skole regoor SA deelgeneem het.
Baie geluk julle! Ons is trots is op julle!
Ons rugby het onlangs goed presteer teen Monument Park. Die netbal, hokkie en rugby is ook reeds weer in volle swang. Hou die webwerf dop vir uitslae. Die volgende opdatering vind plaas op 1 Aug 2009.
Die eksamen is reeds in volle swang en ons wens alle Brakkies voorspoed toe met hulle studies.
Alle voorspoed ook aan ons rugbyspanne wat op Vrydag 5 Junie meeding teen Oakdale Landbouskool in Riversdal. Ons weet julle gaan ons trots maak op en vanaf die veld!
Is u 'n trotse Brakkie ouer wat meer by die skool betrokke wil raak? Volg gerus die skakel wat volg om meer uit te vind oor die skool se sportondersteunersklub.
Ons skoolkoor is een van 74 kore uit ons omgewing wat op 11 Mei gaan deelneem aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod.
Die koor gaan 2 liedere sing: Sailing, en I will follow Him.
Die kompetisie vind in Hoërskool Parow se saal plaas.
Ses van ons skool se pianiste neem ook op Saterdag, 23 Mei aan die Stellenbosch Eistedddfod deel. Hulle gaan klavierduette speel.
Ons wens Myles Roberts, Christine Harper, Tertia Retief, Jeanne-Mari Cilliers, Nicolette van Niekerk en Suzaan Malan alle voorspoed toe.
Gaan loer gerus na die nuuste netbal, hokkie en rugby uitslae van die seisoen deur die gepaste skakels te volg onder 'skoollewe'.
We would like to congratulate Matthew de Freitas on his u/16 cycling silver medal in the team pursuit as well as Marc Bradshaw with his junior category silver medal in the team persuit and his gold medal in the 1500m.
Marc is now the SA track champion for 2009! We are proud of you Matthew and Mark!
Ons skuts is tans op toer en ons wens hulle asook hulle afrigters alle sukses toe. Gaan loer gerus na hulle prestasies van die afgelope kwartaal. Kliek hier.
The drummies took part in a competition on 25/04 and walked away with the gold medal! Well done girls!!! The will also take part in the national competition in Bloemfontein from 4-11 July 2009.
Please come and support them during the next few weeks, while they prepare for the big face-off.. They will be in action on the following dates:
Saturday 09/05 Large Drill (Venue to be confirmed)
Friday 15/05 3rd Large Drill (Bellville Stadium)
Saturday 23/05 Small Drill & Groups (Velodrome)
Saturday 30/05 WP SMALL & LARGE DRILL CHAMPS
Saturday 06/06 WC LARGE DRILL CHAMPS (Bellville)
Saturday 13/06 WC INDOOR CHAMPS (Velodrome)
Good luck girls! We are proud of you!
Wanneer ons na vanjaar se 0/14 krieketuitslae kyk, is daar 'n naam van 'n jong ster wat baie gereeld opduik.
Wian Engelbrecht is nie net die ster in sy skoolspan nie, maar hy is ook 'n uithaler speler in die WP-span. Hy het onlangs ook deelgeneem aan 'n toernooi in Dubai en ook daar het hy geskitter. Ons is baie trots op Wian en verwag nog groot dinge van hom in die toekoms.
Volg gerus hierdie skakels om meer van Ruan te sien.
Indien u kind gebruik maak van busvervoer vanaf die skool na u huis, kan u gerus loer na die kontakbesonderhede van die persoon in u omgewing:
Bussies:
Na en van Proteahoogte:
Melanie Lubbe: 072 012 1160
Mev De Kock: 981-3985
Mnr Tervarvalho: 981-5381
Petro Steenkamp: 083 6533 706 981-8385
Jan Steenkamp: 073 607 0260
Mev Bierma:n 072 194 0984
Elize Brewis: 072 234 3394 981-3668
Mev Louw: 083 460 5181 982-6849
Mnr Rossouw: 982-3080
Mnr David Louw: 084 294 5421 982-1049
Mev Kotzé: 981-9029 / 916-6704 (w)
Annelize van Zyl: 078 1491 783
Mrs De Klerk: 084 793 3940
Juliet Smith (sportoef.) 073 214 8619
Linda Calitz (Protea Village) 084 4081 942 981-4505
Jeff Dias: 082 830 3639
Mrs Bauillon (Home from school) 083 962 3562 981-9009
Kraaifontein:
Wikus Conradie 073 015 1429
Northpine:
Felicity: 982-3648
Valerie Arrie:s 084 827 0317 981-8238
Joy: 084 555 3658
Juffrou Zandberg het ons aan die einde van die eerste kwartaal verlaat. Ons wens haar alle voorspoed en sukses toe in haar nuwe betrekking by 'n privaatskool in Bloubergstrand.
Die afgelope naweek het Raymond, weereens onderstreep wat `n waardevolle krieketspeler hy vir die skool se 1ste krieketspan is.
In die verlede het hy by vele geleenthede sy span van `n nederlaag gered met die bal of kolf in die hand.
Die naweek het hy `n puik 164 lopies nie uit nie aangeteken teen The Settlers in hul liga. Hy spog nou met twee kwiksilwer honderdtalle op Hoërskoolvlak. Sy vorige een was teen J.G Meiring op 0/15-vlak (197 *). Raymond ons is voorwaar trots op jou! Vir meer inligting oor hierdie wedstryd en 'n foto van Raymond, kliek hier.
Baie geluk aan die Brakkie 0/19 A-krieketspan, hul afrigters en ouers. Hulle het daarin geslaag om binne die kwessie van 2 naweke af te reken met Hoërskool Bellville en Hoërskool D.F Malan. Iets wat nie sommer elke dag gebeur nie!
Op 18 Februarie het DF 50 lopies vir 10 paaltjies aangeteken in hulle kolfbeurt. Brackenfell antwoord met 52 lopies vir 3 paaltjies. Brackenfell wen dus met 7 paaltjies.
Reinhardt Archer blink uit met kolf, terwyl Justin Pienaar, Albrecht Luijk en Raymond Olivier uitgeblink het met die beste boulontledings
On Saterday, 20 February, Brackenfell went in first and reached 208 for 8. Bellville went in second and could only reach 120. Brackenfell won with 88 runs!!!!
The best batsmen were Kyle van der Westhuizen (34 runs) en Reinhardt Archer with 41 runs. The best boulers were Etienne Snyman and Werner Human.
Well done boys, you made us proud!
Is u opsoek na iemand wat na u kind kan kyk na skool? U hoef dan nie verder te soek nie! Kliek hier om meer te lees.
You can know download the Circulars from this website or from www.schoolalert.co.za.
Gaan kyk gerus na ons matriek 2008 presteerders deur hier te kliek.
Op Dinsdag 10 Februarie het Brackenfell en Hugenote mekaar gepak op die atletiekbaan. Terwyl Hugenote naelskraap die atletiek gewen het, het Brackenfell met die sangbeker weggestap!
Baie geluk aan almal wat 'n bydrae gelewer het op die atletiekbaan en pawiljoen. Baie geluk aan Hugenote met hulle puik prestasies en goeie sportmanskap!
Loer gerus na die galery deur hier te kliek.
Op Dinsdag 10 Februarie vind die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms by die Bellville atletiekbaan (langs die Veladrome) plaas. Ons tema vir vanjaar is: " Karnaval"
This year we will only compete against Hugenote from Wellington, since De Kuilen and Monument Park withdrew on a late stage last year.
Leerders wat van busvervoer gebruik maak moet reeds teen 06:00 by die skool aanmeld. Leerders behoort weer teen 17:00 by die skool terug te wees. Leerders wat van eie vervoer gebruik gaan maak moet teen 07:00 aanmeld by die atletiekbaan.
Brakkies, we hope you enjoy the day, but please remember to bring your sunscreen and water bottle! And just a friendly reminder: On Wednesday the school will close at 12:00. ENJOY!!!!!
Die skool is al amper 'n week aan die gang en graag wil ons 'n hartlike welkom sê aan die nuwe graad 8 Brakkies. Ons hoop ook dat al die "ou" Brakkies lekker uitgerus het en gereed is vir 'n wonderlike en uitdagende jaar.
A special word of welcome to our new deputy principal, mr. Koopman. We hope that you will be very happy at BHS!
Please take note that our interhouse athletics will take place on Friday the 30th of January. Hope to see you all supporting your team!
This is an outstanding achievement! Well done girls!
Die Varingfees het vanaf 7-8 November op die skoolgronde plaasgevind. Die skool het 2 stalletjies bedryf tydens hierdie spoggeleentheid waar kunstenaars soos Kurt Darren en Steve Hofmeyr opgetree het.
Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het. Ons stel dit hoog op prys. Besoek gerus die galery vir 'n foto of twee..
Die naweek van 1 November het 'n groepie van ongeveer 40 onderwysers gaan kamp in Slanghoek. Vir die volledige berig en foto's volg die skakel.
Die jaarlikse prysuitdeling het plaasgevind op Woensdag, 22 Oktober. Tydens hierdie spogfunksie is daar erkenning gegee aan 2008 se akademiese uitblinkers en die VRL vir 2009 is ook bekend gemaak.
Die Sport-gala het ook in Oktober plaasgevind. Tydens hierdie byeenkoms is erkenning gegee aan al ons sporthelde/inne. Vir meer besonderhede oor die akademiese- en sportprestasies, volg die "prestasies" skakel aan die linkerkant van die bladsy.
Kliek hier: November_eksamenrooster_2008
om dit af te laai.
Slegs sestien leerders is genooi om deel te neem aan die finale ronde wat plaasgevind het op 27 en 28 September. Kosie van der Merwe, ‘n gr. 11-leerder van ons skool was een van hierdie 16 leerders.
Kosie het ‘n tweede plek behaal in die 2de ronde onder al die leerders in die Wes-Kaap en het by die derde ronde ‘n silwer medalje gewen. Dit is waarlik ‘n uitsonderlike prestasie.
.
Guest Speaker Sandie Overtveld, Marketing Manager of Microsoft South Africa, explained how his company is always searching for new and creative programming talent, and that such talent is hard to find. Well, mr. Overtveld, you don't have to look any further...
The matric farewell took place on Saturday the 11th of October in Stellenbosch. Please follow the links on the toolbar.
Indien jy in matriek is en nog jou foto vir die webwerf wil stuur, e-pos dit na: woefies@gmail.com.
Gedurende die afgelope vakansie het die WP-Skyfskietspan aan die SA's deelgeneem. Van die 30 lede waaruit die WP-span bestaan, was nie minder nie as 16 Brakkies.
Ons skuts het 17 medaljes huis toe gebring. Marko Conradie verwerf sy SA kleure in die Veerklas en word so die tweede Brakkie om vanjaar hierdie prestasie te behaal. Francois Malan het reeds in die begin van die jaar sy SA kleure verwerf. Vir meer inligting oor hierdie besonderse prestasies, kliek hier.
Gedurende die September skoolvakansie het die 0/19A- krieketspan van Hoërskool Brackenfell `n toer onderneem na Die Burger se krieketfees by Hoërskool Punt in Mosselbaai. Vir meer inligting en foto’s, volg die skakel aan die linkerkant van die bladsy.
.

Welkom by die webblad van die Hoërskool Brackenfell.
Die skool het tans bykans 1700 leerders. Ons presteer op akademiese gebied net soos ons skitter-prestasies tydens Wiskunde-, Rekenaar-, Brugbou- en Water Olimpiades deur die jare sinoniem met Hoërskool Brackenfell geword het.
Op kulturele gebied vaar die skool uitstekend op nasionale vlak met koor, drama en dans.
Op sportgebied het puik prestasies ook sinoniem met Hoërskool Brackenfell geraak: netbal 3de in SA in 2007, rugby 5de in die WP in 2008 en dan lewer ons elke jaar 'n minimum van 70 WP- sportlui op.
Dit is ons strewe om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel en elkeen so goed moontlik vir die toekoms voor te berei, ten einde 'n nuttige burger van ons land te wees.
Soek u 'n gebalanseerde skool? Veels geluk, dan is u by die regte adres.
A. Pretorius
Skoolhoof
Bestudeer asseblief u kind se rapport en vakverslaggies. Vir meer inligting oor u kind se akademiese vordering, kan u die schoolalert webwerf besoek. Volg slegs die skakel aan die linkerkant van hierdie bladsy.
Die jaarlikse begrotingsvergadering gaan om 19:00 plaasvind op 6 November 2008 in die personeelkamer. Vir meer inligting, volg die nuusbrief skakel: Nuusbrief.
|